South Africa Info Forums

Full Version: Hestrie Cloete en Jurie Els trou....
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.

Pretoria
'n Glanstroue so reg uit 'n sprokie! Die land se voorste sangers en akteurs was daar as gaste.

Die hoogspringkampioen Hestrie Cloete en haar Afrikaanse sanger, Jurie Els, het Vrydagmiddag gesprankel toe hulle die knoop deurgehak het.

Die weer het mooi saamgespeel op dié stil lentedag by die spoggerige Kievits Kroon Country Lodge buite Pretoria.

Enkele ure vóór sy troue het Jurie nog aan Rapport gesê: "Dis die belangrikste dag van my en Hestrie se lewe.Ons wag al lank hierop." Daar was geen teken van senuwees by hom nie - net 'n breë glimlag.

Lees meer hier...