South Africa Info Forums

Full Version: Moet asb. nie terugpraat nie
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
'n Vriend vertel van dié se vriend se pa wat glad niks van die Evangelie wil weet nie. Hy word ernstig siek en op sy sterfbed (nog steeds met dieselfde gesindheid), probeer die vriend toe nog vir oulaas om die belangrike saak aan te roer.
Hy sê toe dat Pa binnekort by 'n plek gaan aankom waar daar baie, baie lig is en mense ..... En hy moet tog asseblief nie met hulle stry of terugpraat nie en net doen wat hulle vir hom sê.

Nouja, of dit toe nou gewerk het, sal ons wel eendag moet sien wanneer ons by die Lig aankom. Miskien het meer van ons hierdie benadering nodig.

:engel: