South Africa Info Forums

Full Version: Direkte vertaling
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Ai, ons het gister so lekker gelag. My seunskind is 12jr oud. Hy was 5 toe ons Engeland toe getrek het, en kon nie 'n woord engels praat nie :o Nou dink hy defnitief in engels, alhoewel ons steeds Afrikaans by die huis praat, en vertaal soms die woorde direk Afrikaans toe.

My broer het oor die naweek getrek na 'n nuwe huis, so vra hy gister oor middag-ete... "Ma, het Pieter-le toe al beweeg?" :rofl:
oe-la-la Wrote:Ai, ons het gister so lekker gelag. My seunskind is 12jr oud. Hy was 5 toe ons Engeland toe getrek het, en kon nie 'n woord engels praat nie :o Nou dink hy defnitief in engels, alhoewel ons steeds Afrikaans by die huis praat, en vertaal soms die woorde direk Afrikaans toe.

My broer het oor die naweek getrek na 'n nuwe huis, so vra hy gister oor middag-ete... "Ma, het Pieter-le toe al beweeg?" :rofl:


Kostelik!!! :haha:

Ek neem hom nie kwalik nie... dit is amper asof hy in 'n woordeboek gekyk het en die eerste beste vertaling gekies het Smile

Soos 'soft serve icecream' wat toe sagte diens roomys geword het.