South Africa Info Forums

Full Version: De Dag van De Nieuwe Inwoners
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Die miskombers lê knus oor die dorp toe ons warm ontvang word met koffie en koek.
Dan, oor die rypmat tot in die groot stadsbus.

Ons ry stop, stop deur die nou straatjies Â…
Die toergids brei uit oor Kapellelaan wat eindig by die klein kappelletjie, gebou in die Baroktyd,
die verskil tussen die here van Erps en die boere van Kwerps waarvan allen nog die grap oorgebly het en die gebied intussen Erps-Kwerps geword het met herehuise en gewone huise langs mekaar,
deur die vleilande waar wilde orgidee groei en bewonderaars dit alleen maar kan bereik met die regte skoeisel – “laarse” – sommer ons myn “gumboots”, natuurlik nie wit of swart nie, maar ‘n armygroen,
die ander gids, ‘n paar banke van ons af, wys opgewonde die skapies, die esels en perde uit aan haar lewendige, jong gehoor
verby die ou herehuis van die Prins van Spanje, die woning van ‘n toentertydse biskop met die wapenskild by die poort wat sê, bly gefokus op die einde
tussen die bome, die vierkantige, hoë steengebou met duisende meters draad rondom – die jeuggevangenis – niks verder nie …..
DAN val die dogtertjie van die bank af en ons hoor nie mooi nie!
die ou kerk van ongeveer ‘n duisend jaar waarvan die grafte rondom ongelyk staan soos uitgekoude tande en spreek van lank gelede se lief en leed,
hoor ons van die De Merode-familie se faam, wie ‘n aandeel gehad het in die oprigting van die kerk en wie ‘n eie klein begraafplasie het ter plaatse van die kerk – kerk en geld loop nog steeds saam deur die geskiedenis asof boesemvriende …
oor die Merode landgoed met sy kasteel, die bos en yskelder, die ou skewemuur Biesthof wat in die oorlog as hospitaal gebruik is, oorkant Stone Manor met sy kersliggiegordyn – die bekende English Shop waar die Britte in Brussel die egte Engelse produkte kan aankoop totdat hulle weer oor die kanaal kan gaan om voorrade aan te vul,
die hoogte van Colomba, die kluisenares, wat haarself afgesonder het saam met ‘n paar ander om te besin oor… niemand weet nie! Vandaar het die groot abdy met die rustige tuine onder die berg sy ontstaan gehad waar mens nog steeds kan onttrek vir besinning …

Met die uitstap uit die bus, word gou ‘n groepsfoto geneem – vir die plaaslike koerantjie- en dan in by die vriendelike blou polisie wat net so terloops inlig oor die gratis diens vir huisveiligheid; praat oor motordiefstal wat darem nog nie so erg is soos in Brussel nie. Staatsamptenare in uniform teenoor die gepantserde Suid-Afrikaanse polisie, dink ek.

Ons stap oor die rooi mat en kyk vas in fotos van Koning Albert en Koningin Paula. Die man met die joviale glimlag, sukkel om die burgermeesterlike band om sy ewe joviale middel te hou en gesels dialekties vinnig en trots oor die voordele van hierdie gemeenskap waarvan ons nou inwoners is. (Ek onthou om die sjampanje stadig te drink want ek het nie vanoggend geëet nie. Maar toemaar, sê manlief troostend, hy stap darem saam met my huistoe!)
Die foon lui toe ons begin handskud met die geagte raadslede!
Babysitter-boet sê ons moet dadelik kom want dit lyk soos ‘n slagveld …..!
Ons oggend van mistige koue en misterieeuse geskiedenis eindig in Dolla se witoorlog met die pot speensalf !
Dankie Hantam. Hoop nie die speensalf het al die pad van SA afgekom nie.... en kosbare 'goud' was wat vermors was nie Smile

:daisy:
thinking of you all ...my first time to do this :hug:
pat
pat Wrote:thinking of you all ...my first time to do this :hug:
pat


Hi Pat.... dit is toe nie so moeilik nie! Welkom hier! Hoop om jou weer hier, of by die ander 'threads' meer gereeld te sien. Practice makes perfect! Smile

:jive:
Pronkertjie Wrote:Hi Pat.... dit is toe nie so moeilik nie! Welkom hier! Hoop om jou weer hier, of by die ander 'threads' meer gereeld te sien. Practice makes perfect! Smile

:jive:

Sjoe dis nou baie moeilik vir my om eers hierdie thread ding reg te kry en nou vra jy dat ek moet Afrikaans begin skryf!! :wall:
As ek weer inskryf sal dit net Maandag tot Woensdag wees :dazed:
Sien jou later :gogirl:
pat Wrote:Sjoe dis nou baie moeilik vir my om eers hierdie thread ding reg te kry en nou vra jy dat ek moet Afrikaans begin skryf!! :wall:
As ek weer inskryf sal dit net Maandag tot Woensdag wees :dazed:
Sien jou later :gogirl:

Daar is dit alweer 'n stappie verder.

Jy kan by die Engelse kant lekker lees en skryf! Smile


Confusedaffer: