South Africa Info Forums

Full Version: Bobotie en die lekker wat jy ontdek as jy ver is!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Beeld-deurloop:
Jacolette Kloppers

Net toe ek die lewe in Johannesburg onder die knie gekry het, vaar ek weer (alleen) die volksvreemde in.

Tilburg is die sesde grootste stad in Nederland en net 'n hanetreetjie van die Belgiese grens.

As uitruilstudent aan dié stad se universiteit het ek dikwels heel tuis gevoel - immers verstaan ek die taal goed - en ander kere wou ek ten hemele roep om hulp.

Soos toe ek aan 30 buitelandse studente van dwarsdeur die wêreld 'n tradisionele Suid-Afrikaanse ete moes voorsit.

Bobotie is wat ek so graag wou maak (wat kan meer Suid-Afrikaans wees?), al sou die soektog na die "regte" bestanddele my met moedeloosheid laat.

Eerste op die lys: maalvleis.

Kom by 'n slagter, kry 'n nommer uit 'n masjientjie by die deur en val in die tou in.

Agter die toonbank sien ek iets wat lyk soos gemaalde beesvleis. Dit was in porsies van 100 g en ná 'n verwarring (baie van die mense praat nie Engels nie en dit help veel ek verstaan hulle, maar hulle verstaan my nie), is die slotsom ek kan die vleis net in daardie porsies kry.

Ek het 4 kg nodig.

Probeer dan maar die supermark. Daar sien ek etlike bakkies (ongeveer 500 g) maalvleis.

Op die naamplakker: rundergehakt. Die wat?

Kry darem toe 'n winkelassistent wat Engels verstaan.

"Is this beef?"

Verstarde uitdrukking.

"Beef? Ja ja, it is cow! It was cow!"

Wonderlik.

(Pragtig staan dit toe daar in die woordeboek: rundergehakt = minced beef.)

Volgende probleem: blatjang.

Geen blatjang. In elk geval nie in Tilburg waar 'n mens dit maklik kan opspoor nie. En hoe maak 'n mens bobotie sonder blatjang?

Ná ure se loop kry ek in Albert Heijn ('n supermarkgroep wat beskou word as een van die duurderes) 'n potjie sweet mango chutney weggesteek op 'n rak tussen Indiese speserye. Onder die omstandighede sou dit volmaak wees.

Wat wel volmaak was en maklik om te kry, is geelgroen Golden Delicious-appels uit Suid- Afrika! In winkels en by opelugmarkte is vrugte uit Suid-Afrika volop. Duur, maar heerlik.

Saam met wyn uit die Wes- Kaap en vele improvisasies agter die stoof, was dit toe tyd om die bobotie aan die skare studente voor te sit.

Eers op allerhande maniere probeer verduidelik wat is bobotie, hoe spreek 'n mens die woord uit, waar kom dit van daan.

Vertel van die kombinasie van borrie en kerrie en amandels en witbrood doop in melk en rosyntjies en suiker en 'n bietjie asyn ("Is that the thing you mix with olive oil to make salad dressing?") en natuurlik blatjang. Eers probeer verduidelik wat is blatjang!

En toe eet hulle die bobotie op. En die appels is so lekker.

Hulle wil nog hê. En waar kan hulle die resep kry?

Dít, dink ek toe, is saam met die wye oop vlaktes en die ewige sonskyn van ons land, in 'n mens se bloed. Sekere dinge kán 'n mens nie in 'n resep vir iemand leer nie.

Jy kan dit eers ver weg werklik ontdek.

:engel: baie waar - en ek het net gisteraand bobotie gemaak Smile