South Africa Info Forums

Full Version: Kies reg vir 2006
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.

Miskien is die probleem met al ons nuwejaarsbesluite dat ons te moeilike uitdagings aan onsself stel. Ons wil die onmoontlike regkry. Dan is ons moed klaar gebreek voordat ons nog begin het. Miskien moet ons kleiner, meer realistiese, doelwitte vir onsself stel. En dit moet lekker doelwitte wees! Kies om hierdie jaar iets te doen wat jou eie lewe en dié van ander rondom jou gelukkiger gaan maak. Kies doelwitte wat God se heerlikheid sal weerkaats deur doodgewone dinge wat jy elke dag doen (Kolossense 3:17).

Wat van ‘n doodgewone voorneme om van nou af minstens een keer elke dag lekker te lag? Of om een keer per week met iemand koffie te drink? Is dit te veel gevra om net vir een ander persoon elke dag te bid? Of om een keer per week iemand wat swaarkry te bel en te sê jy dink aan hom of haar? Of om gereeld in die geheim ‘n addisionele geldjie aan iemand in nood te gee? Strooi 2006 vol vreugde, die Here se soort. Jy kan nie die hele wêreld verander nie. Jy hoef ook nie, maar jy kan ongetwyfeld jou eie stukkie wêreld vroliker maak. Jy kan Die keuse is joune.


Vrede
Stephan Joubert

http://www.ekerk.co.za


Icecub

Proks...dit is nou goeie raad.... :hug: :hug:
Icecub Wrote:Proks...dit is nou goeie raad.... :hug: :hug:


Myns insiens is dit bietjie min om eenmaal 'n week koffie saam met iemand te drink..... elke dag is beter :haha: Maak nie saak waar nie... by die huis of buite.

Pronkertjie Wrote:Myns insiens is dit bietjie min om eenmaal 'n week koffie saam met iemand te drink..... elke dag is beter :haha: Maak nie saak waar nie... by die huis of buite.



Myns insiens....wanneer laas het daardie woorde gehoor! Ek stem saam dis tog te lekker om saam met iemand koffie te drink en te gesels!