South Africa Info Forums

Full Version: Raak Suksesvol
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.

Sukses is toe nie daardie twee goor ‘G’s’ - “geld en goeters” - nie. Dis ook nie al daai ‘lang-y’ goed waarin jy ry, waar jy bly, en wat jy kry nie. Sukses gaan ook nie oor die gunsteling Afrikaanse opmerking: ‘myne, myne, myne’ nie. Mense wat suksesvol is, is mense van integriteit (Romeine 12). Dis manne en vroue wat ander se lewens aanraak en hulle seën. Dis mense wat ‘n verskil aan ander se manier van leef maak.

Word asseblief ‘n nuwe handelsmerk vir uitnemendheid. Inspireer ander met jou liefde vir God, jou warmte, jou omgee! Begin werk aan ‘n geestelike nalatenskap, een wat jou voetspore in hemelse rots agterlaat, nie in sand nie. Moenie oor mense loop nie. Nee, loop langs hulle om hulle te bemoedig. Moenie voor mense loop nie. Loop agter hulle om hulle reg te help as hulle verdwaal. Moenie bo-oor ander uittroon nie, nee, wees ‘n dienskneg wat hulle op die hande dra. Laat die Here se liefde oorvloei na hulle deur sagte woorde en vriendelike dade. Maak ‘n lewende verskil aan ander. Dan is jy suksesvol in op die regte manier in die regte Persoon se oë.

Vrede

Stephan Joubert
http://www.ekerk.co.za