South Africa Info Forums

Full Version: Grassnyer knou kans op vuurwapenlisensie
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Beeld-deurloop :Johanne van Eeden
Jan 23 2006


Ek sal nooit kwalifiseer vir 'n vuurwapenlisensie nie, en dis net omdat ek 'n grassnyer present gekry het.

Met Valentynsdag :hartlik: om die draai kan ander mans dalk hier 'n slim les by my man leer.

As jy die gras gesny wil hê, koop vir jou vrou 'n grassnyer. Sy voel op die plek bemagtig en jy voel op die plek verlos en vol opwinding oor al die rugby wat jy die jaar sal kan kyk.

Maar - net soos met juwele, klere en veral onderklere - moet mans liefs vooraf doodseker maak die grassnyer is versoenbaar met mevrou.

Ek kry toe mos so 'n groen petrolgrassnyer by manlief present met so 'n opwenhandvatsel wat jy moet ruk en pluk om lewe in die lem te kry.

Trots, bemagtig en vol moed om die gras ordentlik te kap, trek ek die meneertjie nader.

En ek ruk. En ek pluk. Maar dit spoeg nie eens 'n ou vonkie uit nie.

Ek maak doodseker daar is genoeg petrol en olie in die groen magie.

En ek ruk. En ek pluk.

En toe bars ek in trane uit. :bigcry:

Toemaar, troos manlief. Dit is 'n tweedehandse masjien; dalk moet jy die ding net laat diens.

Ek sit af na die grasmasjienwinkel en bekla my lot by 'n vreemde man.

Die groen monster word ingeboek vir 'n diens en twee dae later wil ek amper weer in trane uitbars toe ek die rekening kry.

Maar ek sluk my trane en kners op my tande. Ten minste gaan die gras (wat nou reeds amper enkelhoogte staan) vanmiddag gesny word.

Toe nie.

Ek ruk en ek pluk en die groen monster roer nie. Toe bars ek weer in trane uit (koes-koes dat die goed nie op die gras val nie, want as daar nog water op die groenigheid kom, gaan dit nog meer groei).

Terug grasmasjienwinkel toe waar die man my een kyk gee en my grasmasjien een pluk. En toe brúl die groen meneer.

En toe bars ek in trane uit en laat groot vet druppels op die winkel se sementvloer val terwyl die gras masjienman hulpeloos sy kop skud.

Terug by die huis lyk dit teen dié tyd of die leeus al tussen die langgras wil huis toe kom.

Ek verduidelik vir manlief hoe die simpel groen masjien my voor 'n vreemde man laat huil het omdat ek nie lewe in die ysterlyf geblaas kan kry nie.

Hy sê kom ons probeer weer.

Nodeloos om te sê, bars ek tien minute later in die geselskap van 'n dooie grasmasjien weer in trane uit.

Hy verstaan dit nie, sê manlief, hierdie ding van vroue wat oor alles huil. Toe tjank ek die grasperk nat.

Die volgende dag het manlief my winkel toe gevat sodat ek my eie grasmasjien kan uitsoek. Ek het een gekies sonder 'n enjin, met ronde lemmetjies wat gras vreet.

Nou hoe bring 'n mens dit nou by 'n vuurwapenlisensie uit?

Ek lees anderdag aansoekers van vuurwapenlisensies moet ingevolge die nuwe wetgewing "sielkundig stabiel" wees.

En ek is bevrees as iemand vir die arme verdwaasde man by die grassnyerwinkel gaan vra om te getuig oor my sielkundige stabiliteit, sal my aansoek om 'n vuurwapenlisensie onmiddellik in die gras byt. Smile

Ek kan my net die prentjie voorstel!! :rofl: