South Africa Info Forums

Full Version: Eksamen flaters!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie griewe
geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die klimaat was só erg
dat al die inwoners op ander plekke moes bly.

* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele
gemaak is. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te
kry. Hy is dood toe hy nog nie eens by Kanada kon uitgekom het nie.

* Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.

* Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie
'n geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad. 'n Mite is 'n
motwyfie.

* Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en mense raad
gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Ná sy dood het sy
loopbaan dramaties agteruitgegaan.

* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
disnis gegooi.

* Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf. Die
Ides van Maart het hom vermoor omdat hulle gedink het hy gaan 'n koning
gemaak word. Toe hy doodgaan, het hy gesê: "En toe, boetie?"

* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.

* Koning Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n
sukses. Sy het haar haar volk se probleme aangetrek en wanneer sy haar
so aangetrek het voor haar soldate, het hulle almal geskree: "Hoera!"

* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het
die wynpers en die Bybel uitgevind. Nog 'n belangrike uitvindsel was die
bloedsomloop. Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur, want hy het
sigarette uitgevind en begin rook.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy
is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit was op sy verjaardag. Hy
het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy
geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf. Romeo
and Juliet is een voorbeeld.

* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se
ma is dood toe sy nog 'n babatjie was en hy is gebore in 'n houthut wat hy
met sy eie hande gebou het. Hy is later doodgeskiet deur John Wilkes
Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het Booth se loopbaan
heeltemal geruïneer.

* Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie kinders. Hy
is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in
die wêreld en Händel was ook. Händel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels.
Hy was 'n baie groot man.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat hy
harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal
na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy
later dood is.

* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou
om met die hand te reproduseer en met masjiene begin reproduseer. Die
uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat ontstaan.
Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te maak.
Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of the Species geskryf het.

* Die koekoek is 'n voël wat nie sy eie eiers lê nie.

* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.

* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.

* Die maan is 'n planeet net soos die aarde, maar dis selfs nog meer dood.

* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per ongeluk 'n ander individu vervaardig.

* Bloed vloei in die een been af en in die ander been op.

* 'n Mens behoort een keer in die somer te bad en nie heeltemal so dikwels in die winter nie.

* As jy nie genoeg jodium in jou bloed het nie, kry jy 'n gletser.

* Hulp met beenbreuke: om te sien of die ledemaat gebreek is, wikkel dit saggies heen en weer.

* Raad vir neusbloeding: plaas die neus baie laer as die liggaam.

* Raad by verstikking: pas kunsmatige asemhaling toe totdat die pasiënt dood is.

* As jy 'n reuklose gas ruik, is dit waarskynlik koolstofmonoksied.
Hulle verdien nou medaljes vir kreatiwiteit! Wink
om iets neer te skryf is seker maar beter as niks - gee ten minste vir die wat na-gaan iets om oor te giggel
lol....hulle is uitstekend... Big Grin
Dit het nou my dag gemaak! Ek wens ek kom met sulke kreatiewe antwoorde opkom!!!