South Africa Info Forums

Full Version: Sommer net Doll
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
“Ma, hoe sou ons lewens gewees het sonder haar?” vra 16 jarige Boet op ‘n dag ...

Sy is té klein vir haar ouderdom en te groot vir ons harte
Lag altyd en huil gevoelvol saam met ander
Praat nie, maar kommunikeer met drukkies en beweeg gemaklik in mense se private space
Ons verstaan haar min, maar almal verstaan haar liefde en onvoorwaardelike aanvaarding
Sy dra bril omdat sy versiende is maar sien vinnig die emosionele toestand in die huis
Met alles moet sy gehelp word maar hou nie daarvan om aangejaag te word nie
Aggressief is sy nie en kom dikwels tuis met bloukolle en kneusplekke omdat sy lewe op die inherente goedheid van alle mense
Hoor graag van Pa dat sy mooi lyk in rokkies en is bewus van die komplimente van’n spieël
Sy drink nie tee of koffie nie en eet graag saam
Sy kwyl van té veel soetigheid en konsentrasie, maar haar nat, kwylerige soene is opreg
Speelgoed interreseer haar nie, maar loop graag met ‘n onderbroek of bra om die nek
Sit graag op die vensterbank en waai vir die dogtertjie oor die straat en is altyd reg vir ‘n wandeling in die sneeu óf son
Gil luidkeels ‘n welkom wanneer die voordeurklokkie besoekers aankondig
Die harde geraas van ‘n grassnyer maak haar bang maar sy wieg loslit saam op die ritme van Boet se techno en rock
Sy hou van swem maar raak histeries onder die stort
Sy sit kruisbeen lady like op die toilet en maak nog bed nat
Volg my soos my skaduwee; sit voor die toilet en wag en maak die deur oop as dit té lank raak
Sy maak ons moeg, sy beperk ons, sy frustreer ons Â…..

“Sou jy haar ánders wou hê?” vra ek
“Nee” sê hy beslis

Hier in België het hulle ‘n sertifikaat gegee wat sê sy stap meer as 80% off beat, sal nooit “normaal” wees nie ….
Maar sy het ons geleer dat lewe belangrik is, nie wat jy kán doen of bereik nie
Lewe gaan oor die pad wat ons saam loop en nie noodwendig die eindbestemming nie
Liefde en goeie verhoudings is alles, daarsonder is lewe soos ‘n leë parrafienblik

Haar naam is Breath of God, Lielie, Vlieg, Einstein, Poppie
of sommer net Doll.

:blom:
Hantam, dis so 'n gevoelvolle geskryf, ek sien mense wat ek mee kan assosieer in die stukkie, mense wat daagliks in die apteek kom.

Dankie