South Africa Info Forums

Full Version: Hoezit oom?!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
'n Windgat laaitie met 'n wipstert BMW van die Gauteng kom by 'n boer in die klein karoo aangeja dat die stof so staan.
Hy klim uit en tune die oom "hoezit oom!?" Die Boer groet beleefd en kyk die mannetjie uit.
"As ek vir oom kan vertel hoeveel skape oom op die plaas het, kan ek maar vir my eenetjie huistoe vat?" vra die laaitie.
Die boer dink so 'n bietjie en antwoord ja, hy weet immers hy't heelwat skaap op die plaas en die kans is skraal dat die outjie sou reg raai.

Die laaitie ruk sy 'laptop' oop, koppel sy selfoon en klim op die internet. Met vreeslike ingewukkelde programmatuur skuif die laaitie naderhand N.A.S.A se sateliete tot bo oor die karoo plasie en neem lugfoto's uit die ruimte uit. Met meer gevorderde programmatuur doen hy ingewikkelde
berekeninge en na 'n uur se gespook kom hy op 'n getal uit... "Oom het presies 3795 skape op die plaas"
Die boer krap sy kop en wonder hoe de hel die mannetjie dit so reg het. "Ja toe" antwoord die boer, "vat maar vir jou 'n skapie"

Die outjie glimlag breed en begin te soek. Uiteindelik het hy een in sy arms en stap na sy motor se bagasiebak toe.
Net toe hy sy prys wil inlaai stop die boer hom. "As ek vir jou kan vertel watter soort werk jy doen, kan ek maar die diertjie hou?" vra die boer. Die outjie dink so 'n bietjie en antwoord ja. Die oom het hom immers 'n kans gegee dink hy.
"Jy moet 'n konsultant wees" praat die boer. "HEL hoe weet oom?" vra die laaitie "Man boet dis maklik" antwoord die boer. "eerstens kom jy hier aan sonder om 'n afspraak te maak, tweedens vra jy my 'n fooi om my iets te vertel wat ek reeds weet, en in die derde plek kan ek sien jy weet BOGGEROLL van skape af nie WANT DIS MY HOND DAAI!!!!! :haha:
:crylol: excellent!!