South Africa Info Forums

Full Version: Lekker, lekker woorde!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.

Written by Elizma Nolte
Wednesday, 19 July 2006

Ek is dol op Afrikaanse woorde!

Woorde wat soos water oor spoelklippe gly. Woorde wat jy met jou tong soos niekerbols in jou kieste kan rondstoot. Woorde soos ‘spoelklip’ en ‘niekerbol’. Eenvoudige woorde, sonder fieterjasies en tierlantyntjies (woorde soos ‘fieterjasies’ en ‘tierlantyntjies’) wat die ding by sy naam noem: toktokkie, duwweltjie, einabeentjie, botterboontjie, lagplooitjies, bangbroek (want waar sit bang dan anders as in jou broek?) …

Baie van die lekkerste Afrikaaanse woorde beskryf inheemse dinge wat die boere in hulle ontdekkingstogte deur wilde Afrika sommer so op die plek benoem het, net soos Adam sekerlik die eerste diere en plante in die Tuin van Eden op ’n streep gedoop het: voortaan heet jy ‘nartjie’ en jy ‘koejawel’ en jy ‘appelliefie’; jy klink vir my soos ’n ‘piet-my-vrou’, en ek noem jou sommer ‘snoek’ en jou ‘meerkat’ en jou ‘bokmakierie’; en hierdie lyk vir my soos ’n ‘haak-en-steekbos’ en hierdie proe soos ’n ‘bitterbessiebos’ ...


Lees hier verder....