South Africa Info Forums

Full Version: Beeld Rubriek
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.

Ek wonder wat het van Jacoba van Rooyen geword.

Dit was Jamie Oliver wat my aan haar laat dink het.

Hy trap toe mos verlede week ouers uit oor die gemorskos wat hulle vir hul bloedjies inpak skool toe.

Dit is omdat die kinders se kosblikke vol vetterige tjips, oliebolle, hamburgers en gaskoeldranke is dat die kindertjies soos potjiepotte lyk.

Ouers moet liewer gesonde kos soos vars groente en vrugte kies as hulle kosblikke pak, sê Oliver.

Jacoba van Rooyen se ma het iets geweet wat ons ander se maÂ’s nie geweet het nie.

Die Van Rooyens was so Â’n handvol kinders wat ek in die laerskool leer ken het. Asof hulle van nie genoeg was nie, het hulle almal sulke bloedrooi hare gehad en sproete van kop tot tone.

As ek aan kosblikke dink, dan dink ek aan Jacoba van Rooyen.

My ma het vir ons toebroodjies ingepak vir skool.

Ousus Lenie sÂ’n met stroop, soos sy daarvan gehou het.

En myne met groentesmeer wat jou kiewe so laat saamtrek van die suurgeit.

Dan vou jy pouse die waspapier oop en sien jy het per ongeluk jou sussie se kospakkie gevat – teen dié tyd het die stroop al in die brood ingetrek.

Dan eers die speelgrond vol loop om jou ousus (eintlik jou broodjies) te gaan soek.

Soms was daar bederfbroodjies: geroosterde brood met slaai en tamatie en Â’n vleisie.

Of koue vleis. Of gisteraand se oorskietvleis, fyngemaak met blatjang.

Nooit broodjies met katjiebotter nie, want die reuk daarvan maak my ma naar.

Nadat hy met pensioen gegaan het, was dit my pa wat vir ons broodjies ingepak het vir skool. Kaassmeer was bo-aan sy lys van vulsels.

Die slegte ding van kospakkies skool toe vat, is as jy om een of ander rede nie by die brood uitkom nie. En later heeltemal daarvan vergeet. Dit is eers as daardie dowwe, muf reuk dae later uit jou tas opslaan dat jy onthou van dáárdie dag se broodjie wat nooit geëet is nie.

My man vertel hy was een van daardie tieners wat deur Â’n stadium is waar jy ontbyt eet in die oggend, voor die skool begin kadette oefen en dan teen die eerste periode jou broodjies opeet asof jy in dae nie kos gesien het nie.

En dan breek pouse aan.

Dit is dan wanneer Â’n mens leer om te onderhandel.

Want daar is altyd iemand wie se ma vir hom te veel kos inpak. Of iemand wat sy kosblik oopmaak, kyk wat is ingepak en sy neus optrek.

Ons kinders was nie vreeslik neusoptrekkerig oor kos vir die skool nie. Maar tamaties en uie op brood het nie heeltemal gewerk nie want teen die tyd dat die klok lui vir pouse, sit jy met so pap stuk stysel wat nie lekker afgaan nie.

Ek het nie veel gehou van roereier op brood nie.

Die reuk daarvan ontlok dieselfde reaksie by my as katjiebotter by my ma.

Jacoba van Rooyen se ma het Â’n truuk geken wat my ma nie van geweet het nie.

Sy het vir haar rooikopkinders beetbroodjies ingepak.

Dit was altyd vir my een van die mooiste goed om te sien.

Jacoba, ná pouse, met die rooi hare, die duisende sproete wat tot op haar vingerpunte loop en die smeersel beet om haar rooi lippe.

Ek wonder wat het van Jacoba van Rooyen geword.

Johanna van Eden
Dit laat my weer aan my kosblik dae dink. Niks was lekkerder as Ma se tuisgebakte brood met appelkoos konfyt!!!

Confusedaffer: