South Africa Info Forums

Full Version: Vinnig, vinniger, vinnigste!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.


Iewers in die vorige eeu het dit ons getref. Ek praat van kitskos, “fast food.” Toe noem hulle dit nie goeie kos nie. Ook nie goedkoop kos nie, nee, vinnige kos. Daarom jaag mense daagliks deur die verkeer onderweg na kitskos plekke toe; wag dan 20 minute in ‘n ry; net om tuis voor die TV koue kitskos te verorber. Mis ons dalk iets?



Maatskappye wat vandag aanspraak maak op vinnige diens is heel voor, nie dié wat die beste diens lewer nie. Alles gaan oor onmiddellike behoeftebevrediging. Hoe sing daardie rock groep uit die vorige eeu nou weer: “I want it all and I want it now!”

Hier’s ‘n belangrike nuusflits as jy dalk in die ‘kitslewe’ bedryf vasgeval het: God kompeteer nie met kitskos-leefstyle of haastige spoedvrate nie. Hy is nie daar om ons behoeftes op aanvraag aan te spreek nie. Hy werk nie vir ons nie. Hy is nie ons Kits-Kneg nie. Nee, ons buig voor Hom; wag op Hom; kom in ritme met Hom. So nie, loop ons die Here mis. Is jy tans ‘n kits-lewe slagoffer? Dan gaan jy beswaarlik saam met die Drie-enige God gestap kry! Hy is moontlik veels te stadig vir jou.

Stephan Joubert



Baie waar!

NS: Ek hou van daai woord spoedvraat! lol Afrikaans kan soms so 'n lekker taal wees om jou uit te druk!