South Africa Info Forums

Full Version: Die wilde Yank het net 2 boeke gelees
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Beeld-deurloop:


Deur Johanna van Eeden
Ek loop die Amerikaner een aand by Â’n vriendin se huis raak.

Die gesprek kom nie heeltemal op dreef nie, want die Amerikaner het net een ding op die brein. Sy is in “Africa” en wil dolgraag aan ’n leeu vat voor sy terugkeer na die “States”.

Sug. Ek sien al die koerantberigte: “Mak leeu byt wilde Amerikaner dood”.

Die gesprek loop boeke se kant toe. Boeke? Nee wat, seg die Amerikaner. In haar lewe het sy nog net twee boeke gelees.

Sy is 23 jaar oud en ek sit regop. Twee boeke. Watter twee?

Twee boeke wat sy gevoel het sy eenvoudig móét lees, om te sien waaroor die bohaai gaan.

The Da Vinci code en The devil wears Prada.

Maar hoekom, wonder ek in my stilte. Jy kon net sowel die twee flieks gaan kyk het en jouself die moeite gespaar het om die boeke te lees, synde dit so erge inspanning vir jou is om te lees.

Wat my laat wonder het . . . veronderstel ek mag net twee boeke lees. Wat sou dit wees?

Iets wat Â’n mens iets vertel van mense?

To kill a mockingbird van Harper Lee. Of George Orwell se 1984. Miskien eerder Orwell se Animal farm. Verseker Die klein prinsie uit die pen van Antoine de Saint-Exupery .

Of wag, as jy regtig iets wil lees wat jou iets gaan leer oor mense . . . Lord of the flies van William Golding.

My arme man is tot in sy kleintoontjie geskok toe ek hom vra om net twee boeke te kies.

Onmoontlik.

Maar as dit moet, sê hy, beslis iets van Franz Kafka, Fjeodor Dostojefski en Roland Barthes.

Twee, keer ek, nie drie nie.

Ek wonder of dit was hoe Salomo gevoel het toe hy moes kies watter van die twee vroue is die ma van die kind?

Hoe kies Â’n mens net twee boeke?

Want deur boeke – en ander se stories – word jou eie wêreld groter.

Boeke vat jou na plekke toe waar jy nog nooit was nie en laat jou dinge in jouself ontdek wat jy nooit geweet het nie.

Ek onthou steeds Elsabé Steenberg se Soek-soek op soek – ’n boek wat ek as sewejarige gelees het. Daar was so ’n groen kaboutermannetjie op die voorblad. Ek onthou dié boek omdat dit die eerste boek was wat my laat huil het.

Dat iemand wat jou nie ken nie, wat jy nog nooit ontmoet het nie, wat niks van jou weet nie, se woorde dít aan jou kan doen . . .

Dít is die krag van ’n boek.

Nou wonder ek oor die Amerikaner.

Hoe het sy deur haar skoolloopbaan gekom sonder om te lees?

Ja, natuurlik was daar hier en daar in my twaalf jaar op die skoolbanke ook Â’n boek waaraan ek bietjie stadiger gelees het.

Maar ander diamantjies in die gruis het opgemaak daarvoor. Soos daardie dag in st. 7 toe die Engelse juffrou Nevil Shute se A town like Alice uitgedeel het.

Die Amerikaner draai die gesprek in Â’n ander rigting.

“Waaraan dink jy dadelik as ek ‘America’ sê?” vra sy.

Sy vang my onkant. Ek sê die eerste ding wat in my kop kom.

“McDonalds.”

Sy is verstom.

“But why? Is McDonalds American?” en die verbasing dreun deur haar neus.

Boeke, besef ek toe weer net daar, maak jou wêreld groter.

Of baie, baie kleiner.

:read: :read: :read: :read: :read: :read:
Ja nee Pronks,

Ek kan hierdie storie wel glo.

Dom Amerikaners Blush
lol Iceman....

Ek sal nooit die dag vergeet toe 'n 21 jarige Amerikaanse meisie by ons in Amsterdam kom werk het. Nou dit was in die jaar net voor Mnr. Mandela uit die tronk uitgekom het - m.a.w. Apartheid was 'n groot storie. Koffie tyd vra die meisietjie toe waar ek vandaan kom. Toe ek antwoord: "Suid Afrika" val haar mond oop en gaap sy my aan en vra: "But aren't you supposed to be black?" :duh:

My antwoord was: "Yes, but I fell in the bleach.." Ai jai jai. :haha: