South Africa Info Forums

Full Version: Fish 'n Flush
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
[COLOR="Indigo"]Deur Charles Smith, Washington.


Nou het mens alles gesien, voel jy baie keer in die Vreeslike State van Amerika.
Maar hier moet jy nooit so s' nie, netnou-netnou hang jou mond weer oop.

En as jy jou o� uitvee, is daai snaakse ding wat die Yanks uitgevind het, ou nuus in Suid-Aap-Alles-Na-Afrika.

Soos die Fish 'n Flush. Dis 'n paar meesterbreine in New York wat jou toilet in �n klein akwarium omskep. Dis reg, �n klomp visse loer jou die heeltyd af as jy dink jy is in die privaatste plekkie in die huis.

Die vistenk word om jou deurskynende toiletbak gebou en dan swem hulle al in die ronde bo-oor die toilet.

Dit sal nie lank wees nie, dan swem daar �n klomp visse, mak allegatortjies, seeslange en wat nog alles in die verkeerde bakke rond.

Dan bel almal 911.

Soos die k�rel wat net-net sy selfoon kon beetkry toe sy mak luislang hom begin wurg het. Die noodpolisie was vinniger as Bloemfontein s�n op �n Saterdagaand en hulle kon die slang met �n skokpistool looi totdat hy laat los het. Dit was ook hul taak om �n baie omgekrapte slang onder beheer te kry en te gaan toesluit.

In die moerasse in Florida is daar soveel uitheemse luislange wat losgelaat is nadat hulle hul base begin wurg het, dat hulle �n gevaar begin raak vir die alligators. Die alligators is reeds �n probleem vir die mense en brakke.

�n Paar natuurbewaarders is voltyds besig om luislange in die moerasse te vang.

Die slange is besig om in monsters te verander. �n Yslike luislang is onlangs dood op �n eiland gekry met �n ewe groot alligator wat hy ingesluk het, langs hom.

Dit blyk toe die alligator kon �n gat deur die slang se maagwand hap en het uitgepeul voordat hyself gevrek het.

�n Video is op die internet te sien waar �n anakonda �n pigmee-seekoei insluk en weer opbring as mense hom kwaad maak.

Dit was nie �n toneel uit die rillerprent Snakes on a plane nie, maar amper so erg vir mnr. David Sullivan toe hy verlede week op �n vlug van United Airlines van Chicago na San Francisco twee keer deur �n skerpioen gebyt is. Op die vliegtuig! As �n skerpioen op �n vliegtuig kan kom, gaan dit nie lank wees voor een van daai krokodilslurpers van Florida op �n Boeing gaan klouter nie.

Dis nie net die w�reld se slange wat groter word nie.

�n Boer in Duitsland het �n reuse-haas geteel. Die grys hase sal enige motor se kattebak volsit.

Die diere weeg byna 10 kg elk. Hy het �n paar na Noord-Korea gestuur om hul vleiskrisis op te los.

As die reuse-hase met die mal Kim Jong-il se atoomprojekte deurmekaar gaan raak en hulle nog verder gaan groei, kan daar nog iets gebeur wat die moerasslange van Florida na erdwurms gaan laat lyk.

Monsters van �n ander soort is besig om al die suidelike state in die VSA om te dolwe en die aarde skoon te vreet.

Die cowboys van Texas, Kaliforni�, Nieu-Mexiko en selfs so ver as Georgia het hul roers opgeneem en skiet as die vaalswart skadu�s in die bosse roer. Hulle soek hulp. As jy �n roer het, moet jy kom help skiet, want hulle verloor die oorlog.

Die vyand is Europese wilde varke � daai soort wat Asterix en Obelix by die dosyne verorber.

Maar hierdie varke geniet die VSA s� baie nadat die Spanjaarde hulle �n paar honderd jaar gelede ingebring het, dat hulle die land opvreet. En hulle is slinkser as �n jakkals en is boonop vrek gevaarlik. Die varke het yslike tande.

Twee monstervarke is onlangs in Georgia neergetrek wat meer as �n halfton elk geweeg het. Dit is rekordgewigte.

As die slange, alligators, skerpioene en monsters te veel raak in jou huis hier, kan jy altyd tant Francis Grabe van Texas se plan volg. Om haar blyplek skoon te hou, het sy haar hele huis omgeskep in �n wasmasjien.

Sy woon nou as te ware in �n wasmasjien. Elke vertrek was sy eie meubels outomaties en elke kas was die klere in die kas self.

Sy druk net �n knoppie, dan spoel sy al wat rot, slang, skerpioen en man uit die huis.

Sy kort nog net �n Flush �n Fish in haar Flush �n House, of hoe?

:dazed:

[/COLOR]
Nie vir my nie :innocent: