South Africa Info Forums

Full Version: 'n Sprankie wysheid
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Streef jy daarna om ‘n meer gelukkige en voller lewe te leef? Om te weet dat hierdie een lewe wat jy het die moeite werd is?

Wenk 1:Organiseer jou lewe. Gee aandag die die belangrikste prioriteite in jou lewe en doen dit eerste.

Wenk 2:Maak die regte keuses. Die lewe bestaan uit keuses en dis die keuses wat jy maak wat die gang en rigting van jou lewe stuur. Verkeerde besluite lei tot slegte resultate. Met die regte besluite verhoog jy jou kanse en geleenthede om gelukkig te wees en goeie resultate te behaal.

Wenk 3:Neem verantwoordelikheid vir jou gesondheid. Jy kan goeie jare tot jou lewe byvoeg deur gesonde dieet, oefening en die uitskakeling van slegte gewoontes.

Wenk 4:Ontmoet goeie kwaliteit mense. Maak vriende met mense wat jou waardes en belangstellings deel. Vriende kan jou opbou, jou help en bystaan, en met goeie positiewe gesprekke jou lewe verryk.

Wenk 5:Sny gemors uit jou lewe. Die wêreld en media dis soveel gemors aan ‘n mens op. Sny die destruktiewe faktore uit jou lewe uit.

Wenk 6:Wees lief vir jou familie en spandeer positiewe tyd met jou geliefdes.

Wenk 7: Deelname aan ‘n goeie saak. Lewe met ‘n doel. Toewyding aan ‘n goeie saak gee betekenis aan jou lewe en maak jou bestaan positief en sinvol.

Wenk 8: Tel jou seëninge. Kyk wat jy alles het en sê dankie daarvoor. Lewe jou lewe met dankbaarheid vir die groot genade aan jou toegestaan.

Wenk 9: Lewe ‘n oop en eerlike lewe. Moenie ingetrek word by bedrywighede waar jy ongemaklik voel en jy nie met jou hart en gewete mee kan saamgaan nie.

Wenk 10: Geloof gee betekenis aan jou lewe. ‘n Ware godsdiens maak jou lewe ryper en voller. Dit gee aan jou hoop in hierdie lewe, maar ook in jou volgende lewe.


“Lewe is geleentheid, trek voordeel daaruit. Lewe is avontuur, waag dit. Lewe is belofte, vervul dit. Lewe is lewe, veg vir dit.” Moeder Teresa

:engel:
[COLOR="Navy"]Uitstekend Oe! Dankie!

:bunch:[/COLOR]
Pronkertjie Wrote:[COLOR="Navy"]Uitstekend Oe! Dankie!

:bunch:[/COLOR]


Plesier ou dier Big Grin :cloud9: