South Africa Info Forums

Full Version: Klein goedjies
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Dit is darem snaaks hoe een klein dingetjie wat iemand vir jou kan se jou hele uitkyk op 'n dag kan verander.

Ek was regtig nie lus om vanoggend werk toe te kom en net voor ek loop druk my man my en se dat hy regtig alles waardeer wat ek doen en dat ek hom heeltemal te veel bederf.

Dit is absoluut wonderlik om te weet dat hy my nog steeds waardeer al is ons al donkiejare saam en ek loop al die hele dag op 'n wolkie en niks en niemand by die werk gaan my daarvan afkry nie!
Quote:Originally posted by Surita

Surita, ek stem heelhartig met jou saam !
Dis altyd vir my jammer as ek lees hoe ongelukkig sommige egpare is.......

Kyk nou net hoeveel het jou geliefde vandag vir jou beteken!
Mense se altyd dat ons een van die min paartjies is wat hulle ken wat nog steeds lief lyk vir mekaar al is ons al 11 jaar saam. Dit is altyd vir my so hartseer dat mense half gewoond raak aan mekaar en nie meer vir mekaar en vir die wereld wil wys dat hulle nog vir mekaar omgee nie.

Ek dink dit is ook dalk makliker om naby mekaar te bly in 'n vreemde land omdat mens meer aangewese is op mekaar.

Ek stem saam, ek sê altyd ek is so bly ons hou van mekaar....liefde kan gou by die agterdeur uithol as dinge nie goed gaan nie, maar gelukkig "hou" ons ook van mekaar en mekaar se geselsskap!
My ouers is vanjaar 49 jaar al getroud, doen nog altyd alles saam...my skrale 7 jaar voel min. Sonder om verskonongs te soek, dink ek die druk op vandagse jong egpare heelwat groter is as in ons ouer se dae. Deesdae moet albei werk, kinders kannie rondloop en in die straat of veld speel soos ons gemaak het nie, en selfs die druk op die kinders is heelwat anders. Drank, seks, dwelms is allerande dinge wat in ag geneem moet word en dit sal 'n uitwerking op verhoudings he. Ons het werklik veel minder tyd om vry te wees.
Dit is baie waar dat paartjies van vandag baie meer druk het as die vorige generasies.

As ek net dink hoe oorlaai ek party dae voel met werk, huis, gym en al die ander dinge weet ek regtig nie hoe mense dit regkry wat nog kinders ook het nie.

Dit is seker een van die groot redes waarom ons nog nie kon oorgaan tot die groot besluit om kinders te he nie want wat sal van ons eie verhouding word in die druk van kinders groot maak?

Ek dink dit is nog moeilik as mens in 'n ander land bly want daar is daar nie eintlik enige ondersteunings sisteme soos wat mens sal he in Suid Afrika.
daar was nog altyd druk op egpare.... finansieel of anders
Hoe moes mense nie die depressie jare ondervind het nie, daar was nie werk nie, maar daar moes tog kos op die tafels wees.
'n Vriendin van my se broer is jare, jare gelede tydens die "blitz" in London gebore, haar ma sê altyd vir my as sy in daardie jare vir almal geluister het en nie kinders gehad het nie, was my vriendin nooit gebore nie!!!

Mens moet maar leer om jou riempies reg te sny.

Ek kan goed onthou dat ons bitter min materiële dinge gehad het toe ons kinders klein was, maar ek het tuisgebly en hulle groot gemaak. Moet darem byvoeg dat ek soms 'n locum kon gaan doen om uit te help.
Ek wonder soms of vandag se jonger ouers nie te "hoog" wil leef nie, ek bedoel niks neerhalend daarby nie, want almal is gewoond aan mikrogolf oonde , outomatiese wasmasjiene, ens. (het my enigste mikrogolf oond eers in 1981 by my pa gekry en dit werk nog!!!)....

Dan weer, soos spam gesê het, die lewe is anders........ ek is net baie dankbaar dat ons kinders nie met daardie drank en allerhande ander probleme moeilikheid gehad nie, dit was nog altyd beskikbaar, maar genadiglik het hulle dit weerstaan.
wat ek baie jammer vind aan vandag se generasie is dat hulle/ons so vinnig opgee. destyds, as daar probleme in die huwelik was, moes 'n mens daaraan gewerk het, want dit was nie so eenvoudig om uit die huwelik te kom nie. die stigma van 'n egskeiding was erg, vrouens het nie die moontlikheid gehad om te werk soos vandag nie (nie so veel geleenthede nie). deesdae. as dit nie werk nie, egskeiding. geen, kom ons probeer dit uitwerk nie. ongelukkig was dit so by my. my eks wou nie werk aan ons verhouding nie en het net eenvoudig opgegee. nou sê ek, dank die vader, want dit was die beste ding wat met my kon gebeur het. maar dit maak my jammer om te sien hoe eenvoudig dit is om op te gee.
Sterretjie dit is waar wat jy se oor mense want nie weer wil probeer nie. Ons het vriende gehad en die meisie het al voor die trou haar kerel gedreig dat as dinge nie na haar sin gaan as hulle getroud is nie sal sy hom altyd kan skei!!! Hoe is dit vir "commitment"?