South Africa Info Forums

Full Version: Flaters
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Flaters!

Uit Olga Maartens (Mariental) se klaskamer het die volgende antwoorde onlangs gekom n.a.v. 'n begripstoets oor die termometer:

"Jy kyk na die kook en dan sien jy die hutte."

"Die dokter druk die termometer in jou liggaamsholte in en dan sien hy wat jy makeer."

Snaakse vergelykings:

Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderbroeke in 'n tuimeldroer.

Die bootjie het saggies oor die dam gedryf presies soos 'n rolbal nie sou nie.

Hy was so lank soos 'n twee meter lange boom.

Hy het diep uit sy keel gelag - soos daardie geluid wat 'n hond maak net voor hy opgooi.

Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

Dit was 'n werkersklas-tradisie, soos pa's wat hul kinders met elektriese bore rondjaag.

Sy het nader aan hom gegroei - asof sy bakteriee was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.

Die son het uit die see opgerys soos 'n gloeilamp uit 'n bad water.

Hy is so maer soos 'n vark op 'n grondhervormingsplaas

Ek het so minderwaardig gevoel soos 'n Zim-dollar

NOG:

Waarvoor word beesvelle gebruik?

A: om die bees binne te bou.

Wat is outobiografie?

A: dis die onstaan en geskiedenis van die motorkar.

Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?

A: tot onder die voete.


Wat is die doel van die kies- en oogtande?

A: die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.



Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas............

A: hoe groter haaspastei.

Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?

A: kleinteef.

Wat is die meervoud van kabeljou?

A: kabeljulle.

'n Sin met "ter aarde bestel"... "Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"

Formule vir 'n sirkel se omtrek: "paai straal kordaat"

Wat is teenoorstaande hoeke? Hoeke wat vir mekaar kyk.

Waarom is die seun in die verhaal gestraf??? Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

Wat is 'n terminale siekte? As jy op die lughawe siek word!

En:

Noem 5 dinge wat melk bevat? Kaas, botter en drie koeie

Wat is die verlede tyd van EET? Honger

Wat is die verkleinwoord van OUPA? Kleinseun

Vertaal in Afrikaans: 'I beg your pardon?' HUH?
Baie snaaks! :crylol: