South Africa Info Forums

Full Version: Die drie beetjies!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die
tafel, en
hy kyk na sy klein papbordjie...

"Wie't my pappies ge-eet?", vra hy in 'n huilerige stemmetjie.

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy
groot
papbord, en ook die is leeg.

"Wie de duiwel het my pap ge-eet!" vra hy in 'n bulderende stem.

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die
eetkamer.
Haar gesig lyk soos 'n ho ëveldse donderstorm.

"Genugtig! Hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses
gaan?
"

Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.
Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan
haal.
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks
skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg
het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle
TV-kykery gisteraand".

"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte
ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde
teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed
luister,
want ek gaan dit nie weer s ê nie".

"Ek. Het. Nog. Nie. Die. Pap. Gemaak. Nie!!!!!!!" :wall:
moenie met 'n ma mors nie