South Africa Info Forums

Full Version: Koue, sneeu betrap lughawe onkant
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
[COLOR="Purple"]
Suid-Afrikaanse lughawens is nie ingerig om ysige weerstoestande te hanteer nie.

Dit is vanoggend deur die skielike, onverwagse sneeu wat in Johannesburg geval het gewys toe binne- en buitelandse vlugte by O.R.Tambo internasionale lughawe met sowat drie uur vertraag is.

Volgens me. Nothemba Noruwana, woordvoerder van die lughawensmaatskappy Acsa, het ys en sneeu op vliegtuie wat oornag op die lughawe gestaan het, se vlerke saamgepak, wat moontlik hul vliegvermoë sou beïnvloed. Dié ys moes eers deur die lughawe se nooddienste afgespuit word voordat hulle toegelaat is om op te styg.

Alle vlugte vanuit Johannesburg is vir sowat 3 uur vertraag, terwyl somige hiervan heeltemal gekanselleer is. Inkomende vlugte moes vir sowat 15 minute wag voordag hulle kon land, terwyl daar staanplek vir hulle oopgemaak is.

Teen etenstyd Woensdagmiddag is die agterstand meestal ingehaal en het die meeste vlugte op skedule vertrek.

"Die mense wat die ergste geraak is, is passasiers wat vanoggend (Woensdagoggend) vroeg vir hulle vlugte opgedaag het. Toe die son uitkom en die ys smelt, het vlugte normaal voortgegaan," het sy gesê.

Volgens Noruwana het die koue omstandighede die lughawe - wat vanaand wéér ysige toestande verwag - onkant gevang.

Die opeenhoping van vlugte in Johannesburg óók 'n effek op ander lughawens in die land gehad, veral Durban en Kaapstad, gehad, waar vlugte ook vertraag is.

Volgens mnr. Bryan Thompson, Acsa se assistentbestuurder, het die sneeu geen veiligheidsrisiko op die aanloopbane veroorsaak nie.

"Sodra die ys van die vliegtuie verwyder was, kon hulle opstyg," het hy gesê. :aero:

Bron: Die Beeld [/COLOR]