South Africa Info Forums

Full Version: Afrikaanse boeke
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
[COLOR="Purple"]Hier is 'n paar rensies van nuwe Afrikaanse boeke om aan te skaf.

Nog altyd hier gewees, Hermann Giliomee (Tafelberg)
Die skrywer bied 'n fassinerende blik op 'n mikro-kosmos in die beginjare van Stellenbosch toe burger, slaaf en 'n klompie vry swartes saam aan 'n dorp gebou het. Die sluier word gelig oor slawerny en verdrukking. "Dit is nie vergesog om Stellenbosch te sien as die wieg van praktyke wat later as apartheid bekend sou staan nie,'' sê die skrywer.

Kabbo op die ysterspoor,
Christiaan Botha (Protea)
'n Unieke dramateks waarin die kollig volledig op die Boesman val. Dit vertel die verhaal van een van die laaste Kalahari-Boesmans.

Met 'n diepe verlange, Catherine Willemse (Human & Rousseau, R102)
Die skrywer kom uit 'n derde geslag vrygemaakte slawe en sy wil die geskiedenis aanteken wat haar voorgeslagte ontneem is.
[/COLOR]

Bron: Die Sarie