South Africa Info Forums

Full Version: Ligloop vir eerste indrukke
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
[COLOR="Purple"]
Ek lees onlangs in ‘n boek oor neurologiese navorsing dat die basiese waarnemings funksies in ons kop al binne ‘n 20ste van ‘n sekonde ‘n indruk oor iemand kan vorm. Daardie opinie bly nog vir ‘n 5de van ‘n sekonde in die laer dele van ons brein voordat die hoër denke eers begin oorneem. Die kort en die lank is dat eerste indrukke veel vinniger en ook meer blywend van aard is as wat ons dalk dink. As jy nie doelbewus ingryp op die eerste opinies wat jy oor mense vorm nie, gaan jy lewenslank ‘n “eerste-indrukke” slagoffer bly. Jou brein is ‘n fenomenale gawe van die Here, maar jy moet dit leer om reg te dink, anders loop dit haastig ‘n eie pad. Onthou, eerste indrukke oor mense is nie altyd reg nie. Dis dikwels net oorhaastige emosionele opinies. Hoor daarom wat die Spreukeskrywer sê: “Wees versigtig wat jy dink. Jou denke kan jou lewe ingrypend beïnvloed (Spreuke 4:23).” Doen ook wat Paulus in Kolossense 3:2 sê: “Rig jou gedagtes op Christus.” Laat Hy jou wys hoe om reg oor mense te dink. Doen dit! Dink lewe, nooit dood nie. Dink hoop, nooit hooploosheid nie. Dink vergifnis, nooit wraak nie.

Stephan Joubert

http://www.ekerk.co.za
[/COLOR]