South Africa Info Forums

Full Version: Sommer net!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Hallo almal Big Grin

Wonder sommer net hoekom is die Afrikaans forum dan sooo stil?!

Hier in die Noord-weste van die moddereiland is dit lieflike somersweer en sien ons uit na 'n heerlike somer. Ek is mal oor die langdae wat ons het. Die voeltjies kerjakker al van vroegdag af in die bome en saans sit jy nog buite tot ounag!Dit maak darem op vir die kort, mislike winterdae!
Die lang dae is fantasties en ek kry dit tot reg om ses uur op te staan en gym toe te gaan voor werk. In die winter wag ek regtig tot op die laaste nippertjie voor ek opstaan want dit voel net heeltemal verkeerd om op te staan as dit nog so donker is.

Kom ons hou almal duim vas vir 'n somer soos laas jaar s'n.
Ja, is dit nie lekker as die son skyn nie... daar is sommer lewe oral. Hier in Skotland gaan die son nog so 'n stukkie later onder!

Ek is volgende week meer beskikbaar en sal dan my deel bring hier die in die Afrikaanse draadjie..... ons sal sommer almal lekker kuier.

Surita.... ons moet dan kuier!

:lovef:
EK het my blinding by die werk heeltemal oopgemaak en nou sit ek heerlik en bak in die sonnetjie. Die enigste probleem is dat ek nou my oe op sulke skrefies moet trek om enige iets op my rekenaar skerm te kan sien - ag wel nog 'n paar plooie om die oe gaan nou regtig nie 'n verskil maak nie.
Quote:Originally posted by Surita

'n Mens kan ook nie alles met een slag geniet nie, ne!

Smile
Ek kom nou net uit die son uit - soos 'n dassie gebak lekker op my hangmat, terwyl ek gebabbel het met my sussie op die foon SA toe! Is die week met verlof, so geniet die lui dae al te lekker! Smile
Ek moet vanaand gym toe gaan maar ek moet bely dat ek baie eerder in die tuin sal wil gaan sit met iets lekker koels om te drink en sommer net ontspan.

Gelukkig bly dit so lank lig dat ek altwee kan doen. Dalk moet ek sommer ietsie langs die pad koop wat ons op die kole kan gooi en dan is aandete ook sommer uitgesorteer!!!

Braaivleis!!! Smile

Toe ek in SA was het ek gewens vir "gewone" kos, maar nou dat ek weer vir 7 weke iemand anders se kos moes eet en nie eintlik 'n keuse gehad wat op die tafel kom nie, kan ek nie wag om self te kook .... en dalk braaivleis te hou nie!!! Geniet dit!

:daisy:
Dit sal heel moontlik braai hoender wees nie braai vleis nie. EK kan nogal verstaan hoe jy voel oor die kos - as ek so twee weke by my ma was is ek weer lus om sommer net self iets aan mekaar te slaan maar my ma dink nog steeds ek is dieselfde 16 jarige wat geweier het om aan rou vleis te vat en daarom moet sy vir my kook!

LOL!

Wel, ek is nou al ampertjies vir 5 maande aan die genade van ander se kookkuns afhanklik. Sien uit daarna om te kan kies wat EK wil eet vir 'n slag. :haha:

Toemaar, dit is nie so erg nie! Het darem baie lekker fajitas gehad vannaand!!

:lovef: