South Africa Info Forums

Full Version: Bitterheid - gedig
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
weereens sit sy hier
har gedagtes swaar
kronkelend soos ´n ou boom
wie se wortels in haar brein begrave is

haar gevoelsens
swart, duister..dood

die bitterheid in haar mond
is soos gif in haar ligaam

gee nie meer om nie
is doof vir die wereld
en almal op haar

moeg vir mense
vat heeltyt praat
en beplan
terwyl hulle hul vriende
in die rug steek
met ´n onsigbare mes.
Sjoe fantasties en hoe ongelooflik waar. Partymaal voel dit of mense in jou oe kan kyk en glimlag maar in hulle verstande maal en draai dit net oor hoe hulle jou een oor kan wees.