South Africa Info Forums

Full Version: Raar maar Waar
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
God Save the Queen

Het hierdie boekie in SA raakgeloop... "Raar maar Waar" 'n versameling ongelooflike en fassinerende feite van Koos Human.

"Nog die digter van die woorde nog die komponis van die musiek van die Britse volkslied is bekend. Die bekende John Bull het 'n stuk met die titel gekomponeer, maar dis 'n heeltemal ander wysie. Daar is ook bespiegel dat ene Henry Carey (komponis van "Sally in my Alley") vir beide woorde en musiek verantwoordelik was, maar dit bly 'n gissing.

Die woorde het soms verander en het saamgehang met die verskillende opvolgingsgevegte van konings. 'n Kenner se dit was vermoedelik oorspronklik 'n onbekende en selfs ongewilde ballade totdat 'n onbekende persoon dit omstreeks 1744 tot volkslied getransformeer het. Dit is die eerste keer amptelik in Lane-teater in Londen gesing as reaksie op die bedreiging van die aanspraakmaker Bonnie Prince Charlie.

Haydn was so jaloers op hierdie volkslied dat hy vir sy eie land, Oostenryk, 'n volkslied gekomponeer het op die woorde "Gott erhalte Franz den Keiser" ("God behoede Franz die keiser") wat vandag voortleef as die Duitse volkslied "Deutschland ubeer alles". Beethoven het 'n stel variasies vir die klavier geskryf op die tema van "God Save the King" (destyds 'n man!).