South Africa Info Forums

Full Version: Ek bedank!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
BEDANKING
Heil sommer die leser ook.


Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om
weer al die verantwoordelikhede van 'n 8 jarige te aanvaar.


Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is.


Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak
met klippe en aan-aan speel.


Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kan die goed eet.


Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my
pellies lê en droom met 'n grassie innie kies.


Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was , jou kennis
beperk was tot kleure, maal en deel tafels en Siembaba . Dit het jou nie
getraak dat jy nie geweet het wat jy nie geweet het nie, so what ! Al wat
jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die
dinge wat jou moes ontstel of laat worrie soos vrypuisies byvoorbeeld.


Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en
opreg is.


Ek wil weerglo dat enigiets moontlik is.


Ek wil salig onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer
opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn.


Ek wil weer eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat
crash nie, berge papierwerk, nuus wat depres nie , hoe om meer dae in die
maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge,
skinder, siektes, en die verlies van geliefdes.


Ek wil weer glo in die krag van 'n glimlag, drukkies, 'n vriendelike woord,
die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede,
drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en
sommer net modderkoekies bak.


So . . hier is my tjekboek en my motorsleutels, my krediet kaartrekeninge
en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk.


Ek bedank offisiëel as volwassene.


As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is,
moet jy my eers inhol, want........


....." Touch! Jy kan my nie vaaaang nie!! "


Kom ons word weer soos kinders want dis tog aan hulle wat die Koninkryk
behoort, Die eenvoudige dinge in die lewe is baie keer die kosbaarhede wat
ons op ons oudag sal onthou.