South Africa Info Forums

Full Version: 1 KORINTHIëRS 13 VIR MA’S
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Al sou ek die mooiste huis hê en die smaaklikste etes vir my huis mense voorberei, maar ek doen dit nie met liefde nie, dan is ek so waardeloos soos ‘n leë kastrol of ‘n stukkende eierklitser.

Al is ek die besigste ma in die beheerraad en ek koop vir my kinders die duurste sporttoerusting, maar ek het nie die tyd om hulle langs die sport veld aan te spoor nie, dan sal dit my niks baat nie.

Al koop ek ‘n kamer vol opvoedkundige speelgoed en betaal ek sakke vol geld vir ekstra klasse, maar ek self sit nie by my kinders en speel of worstel met die skoolwerk nie, sal ek nog nie ‘n ware moeder wees nie.

‘n Liefdevolle ma is geduldig – sy tel maar die klere en speelgoed op. ‘n Liefdevolle ma is lankmoedig en vriendelike – sy laai haar motortjie vol kletsende, swetende skoolkinders.

Sy vergelyk nie haar kinders met ander nie en sy is nie verwaand oor hulle prestasies nie. Sy bedek alle skrape met liefde en pleister en glo in haar kinders, hoop net die beste en verdra al die klaery en kritiek.

‘n Opregte drukkie en ‘n intieme gesprek bly lank in ‘n kinderhart, maar gestrykte wasgoed word weer vuil en ‘n netjies huis word weer deurmekaar en vol stof….

Eendag as die volmaakte gekom het, sal jou huis en sy binnekant tot niet gaan, maar die lewende siele van jou kinders sal ondersoek word.

Toe ek nog ‘n jong meisie was, was ek gesteld op my mooi voorkoms en aardse besittings, maar nou wat ek ‘n ma geword het, het my kinders se versorging vir my belangrik geword. Nou kyk ons nog vas teen opstandige tienergesigte, maar eendag, as hulle groot geword het, sal ons die vrugte maai van die liefde wat ons kleintyd gesaai het.

En nou bly AANDAG, GEDULD en LIEFDE, hierdie DRIE, maar die waardevolste hiervan is ‘n liefdevolle MA.
:lovef: