Afrikaanse gesegdes - Printable Version +- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums) +-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources) +--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans) +--- Thread: Afrikaanse gesegdes (/Thread-Afrikaanse-gesegdes) |
Afrikaanse gesegdes - Jangar - 30-07-2004 Ek sien dat baaie van hierdie is dieselfde soos die Engelse maar net met Afrikaans woorde. Die een waarvan ek hou is... Jakkals trou met wolf se vrou :haha: Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 31-07-2004 Soos die kraai vlieg..... Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004 Al dra 'n aap 'n goue ring, bly hy nog 'n lelike ding Perd van 'n ander kleur Haastige hond verbrand sy mond Arm soos 'n kerkmuis Riem onder die hart Stille waters diepe grond Aartjie na sy vaartjie moenie slapende honde wakker maak nie Dit was nou lekker, ek sit hier met 'n pen en papier en maak 'n lys van wat ek als kan onthou wolf in skaapklere Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004 so mal soos 'n haas sy huil krokodiltrane soos water van 'n eend se rug af sy sout werd Die wat my pa gereeld gebruik het: ''Jy moet jou sokkies optrek...'' ''Te groot vir jou skoene'' ''alles op 'n silwer skinbord gee'' ''moenie jou vuil wasgoed in die publiek ophang nie'' Wat my ma gese het van my pa se geklets ''neem alles met 'n knippie sout'' Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004 Gaan blaas doppies....:haha: Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 31-07-2004 Ag Birdie, ek geniet dit nou regtig..... dankie hoor! Flink uit die vere! Afrikaanse gesegdes - sooibrand - 31-07-2004 nie al sy varkies op hok uit volle bors sing snot en trane huil huil dat die trane spat reen ou meide en knopkieries te kere gaan soos 'n ouvrou met 'n nat broek kyf soos 'n viswyf jaag soos die duiwel het jy miere? oos wes tuis bes Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004 Kannie is dood van kruiwa stoot... Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 31-07-2004 Hier onthou ek toe nog so een of twee.... Hy is meer nie vandag se kind nie Hy is nie 'n pampoen nie Hy is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie :daisy: Afrikaanse gesegdes - sooibrand - 01-08-2004 die gaan voor die wind die wind van agter you seile na die wind span agteros kom ook in die kraal vir elke opdraand is daar 'n afdraand |