South Africa Info Forums
Afrikaanse gesegdes - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Afrikaanse gesegdes (/Thread-Afrikaanse-gesegdes)

Pages: 1 2 3 4


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 01-08-2004

...... soos die man in die maan

Nuuskurige Agie

Smile


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 01-08-2004

elke Jan Rap en sy maat :haha:


Afrikaanse gesegdes - oe-la-la - 04-08-2004

Trou is nie perde koop!


Afrikaanse gesegdes - oe-la-la - 05-08-2004

So waar as gedorie! Big Grin


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 05-08-2004

Moenie 'n berg van 'n molshoop maak nie Smile


Afrikaanse gesegdes - sooibrand - 05-08-2004

wie nie waag nie, wen nie
koffiekapitaal
kasaterwater (flou tee of koffie)
dop en dam (brandewyn en water)
van hoek tot kant
bo na onder
druipnat
stroopsoet
vrek lelik
rieme neerle

Hierdie gebruik 'n pel van ons wanneer hy wil gaan piepie en homself gou wil verskoon - of as ons vra waarheen hy nou gaan)
die werklose se hand skud
die dou van die lelie afskud


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 05-08-2004

my broers het altyd weer 'n lat gaan sny Smile


Afrikaanse gesegdes - oe-la-la - 06-08-2004

Quote:Originally posted by Pronkertjie
my broers het altyd weer 'n lat gaan sny Smile


.....my broers weer gou 'n draai gaan loop! Big Grin .....of gaan fluit!


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 06-08-2004

Quote:Originally posted by oe-la-la
.....my broers weer gou 'n draai gaan loop! Big Grin .....of gaan fluit!


Ons het almal 'n draai gaan loop, maar ek dink net die manne kon fluit :haha:

Gits, hoe lekker lag ek nou. Smile


Afrikaanse gesegdes - oe-la-la - 06-08-2004

Quote:Originally posted by Pronkertjie
Ons het almal 'n draai gaan loop, maar ek dink net die manne kon fluit :haha:

Gits, hoe lekker lag ek nou. Smile


Nou't jy my ook aan't giggel...en ek by werk - mense dink ek is koekoes! Rolleyes :rofl: