Hoekom - Printable Version +- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums) +-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources) +--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans) +--- Thread: Hoekom (/Thread-Hoekom) |
Hoekom - Surita - 08-01-2005 EK moet seker 'n vriendelike gesig he of so iets want dit gebeur gereeld dat mense by my sal verby stap en my hierdie ongelooflike vriendelike glimlag sal gee! Mense vra my ook gedurig hoe om by plekke uit te kom as ek in die straat loop. ek het nou al die mense wat saam met my werk gevra of dit met hulle ook gebeur en ek is die enigste een. Gebeur dit met enige van julle? Hoekom - Ameniatha - 08-01-2005 Ja met my ook... Ek dink dit is omdat ons nie soos die knorse Europeans lyk nie. Ons lyk vriendelik en daarom kom die mense na ons to... :p Hoekom - Pronkertjie - 08-01-2005 Hi Surita.... lekker om jou hier te sien! Weet jy, dit gebeur met my ook. Ek het eendag so gelag toe ek nog in Amsterdam gebly het. 'n Duitse Omie het my sommer in die straat voorgekeer en gevra of ek sy poskaarte sal pos. Toe ek ja, se, vra hy ek moet sommer bietjie wag, want sy vrou is nog besig om een te skryf. Jy het nogal 'n vriendelike glimlag! :daisy: Hoekom - Pronkertjie - 08-01-2005 Ameniatha Wrote:Ja met my ook... Ek dink jy is reg Amen! Hoekom - Jangar - 09-01-2005 Was Leon Schuster naby ? :p Hoekom - sooibrand - 09-01-2005 Dis seker omdat jy so mooi oop gesig het en 'approachable' (nou wat op aarde is die Afrikaanse woord daarvoor?) lyk. Dit is 'n groot plus punt. Hou so aan Hoekom - Surita - 09-01-2005 Dit is dalk waar wat julle se oor die Europeers wat nors (of dalk net ernstige) gesig uidrukkings het. Die mense in Suid Afrika lyk altyd vir my so vriendelik so dalk het ons daardie vriendelike gesiguitdrukkings saamgering! |