South Africa Info Forums
Afrikaanse boeke ... - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Afrikaanse boeke ... (/Thread-Afrikaanse-boeke)



Afrikaanse boeke ... - Surita - 09-01-2005

Ek het die afgelope tyd twee afrikaanse boeke hier in Engeland gelees.

Die eerste was "Voor ek vergeet" van Andre P Brink en ek moet se dat dit baie harde werk was om die boek klaar te lees. Dit gaan oor 'n 75 jarige man wat terugdink oor al die vroue wat hy in sy lewe gehad het en hoe hulle gekoppel was aan die veranderinge in Suid Afrika (natuurlik). Ek het later bietjie moeg geraak vir hoe hy die vroue verduidelik in terme van wyn. Dalk is dit 'n goeie boek vir iemand wat belangstel in vreeslike ernstige literere werke maar vir my was dit net baie harde werk om die boek te lees.

Die tweede een was "Die hart van ons huis" van Maritha van der Vyfer. Dit was 'n ongelooflike maklike boek om te lees - ek het dit in 'n middag klaargelees. Dit is amper 'n autbiografie van haar lewe in Frankryk en dit was lekker om soos 'n vlieg teen die muur te voel en lees van al haar ervaringe daar. 'n Lekker lees maar ek wens sy wil weer 'n boek soos "Wegkomkans" publiseer.

Nou sommer op 'n ander noot - ek wonder of Maritha van der Vyfer se boeke nie bietjie afgestomp gaan raak noudat sy in Frankryk woon en nie meer so baie Afrikaans praat nie en ook nie eintlik met die Afrikaanse kultuur in aanraking kom nie?


Afrikaanse boeke ... - Pronkertjie - 09-01-2005

Ek het nogal lanklaas iets van Maritha Vijfer gelees.

Wonder of Andre P. Brink nou meer en meer boeke oor ouermense gaan skryf.... sy jare stap ook aan Smile



Afrikaanse boeke ... - Surita - 09-01-2005

Ek het nogal gewonder of Andre P brink se boek dalk nie so 'n bietjie autobiografies was nie. Hy is seker al naby aan sy 70's