South Africa Info Forums
Sterre wat val - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Sterre wat val (/Thread-Sterre-wat-val)



Sterre wat val - hantam - 12-03-2005

Ek vang die stertkant van die Vlaamse nuus en hoor van die ster wat val in Ghent area en wonder of daar nie mense seergekry het nie... Moet nogal 'n gesig wees om dit te sien!

Ek kan nie wag dat ons 16 jarige wysheid tuiskom om hom dié storie te vertel nie - miskien sal daar meer detail wees oor die T.V. nuus later die aand.

My opgewondenheid word begroet met 'n "aaag, Ma!!!"
(Wonder wat ek nou verkeerd gesê of gedoen het....!)
"Ma, dis die flitskameras van die verkeerspolisie!"

Nouja, so raak ons bekend met die Vlaamse spreektaal deur die tiener wysheid. Blush


Sterre wat val - oe-la-la - 16-03-2005

Big Grin Hoe lekker lag ek nou! :rofl: