South Africa Info Forums
België is nie so groot nie - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: België is nie so groot nie (/Thread-Belgi%C3%83%C6%92%C3%82%C2%AB-is-nie-so-groot-nie)



België is nie so groot nie - hantam - 19-03-2005

Ek sukkel om die lyne op die blinknat pad te sien en boonop is aandry nie vir my gemaklik nie - ek dink ek is seker half nagblind.
En so met die gesukkel om te sien, moet ek konsentreer om regs te hou en nie instink te volg en links te koes vir die aankomende ligte nie - ons is mos nou in Europa waar alles verkeerdom is - selfs die stuurwiel sit aan die verkeerde kant ....

Met die padtekens wat praat van "alle rigtings" en "andere rigtings" - hoe moet mens dan nou weet waaaaar jy is? (Net die Belge weet waar dié plekke is) Om sommer om die blok te ry wanneer jy die verkeerde afrit geneem het, werk toe nou ook nie, want die blokke verdeel in die helfte en 'n mens kom sommer in 'n ander windrigting uit - moet nie eers vra waar die son opkom of ondergaan nie, want dié is maar skaars met sy glimlag verby die wolke. ('n Kompas sal dalk die ding doen.)

Tussen die Franse en Vlaamse straatname lê 'n geskiedenis ...
'n Mens kan ry en ry en ry soos in die oorlogse loopgrawe en nie weet waar jy is nie, want straatname is soms so skaars soos vrede in die oorlogtyd.

Eintlik is ons oppad om vir "tiener wysheid" en vriend te gaan aflaai by 'n jeugbyeenkoms êrens aan die buitewyke van die stad. So met die ry wonder ek of ek ooit weer huis gaan sien!
Daar aangekom, spreek ek so effens my vrees uit.
Terwyl hy uitryg uit die klein motortjie sê hy ewe ongevoelig, "Toemaar Ma, België is nie so groot nie!"


België is nie so groot nie - oe-la-la - 20-03-2005

Hoe lekker lag ek nou! Big Grin


België is nie so groot nie - Pronkertjie - 21-03-2005

Klink darem of jy met tye sy wysheid geniet!

Kostelik hoor!

:daisy: