South Africa Info Forums
Verduur orkane.... - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Verduur orkane.... (/Thread-Verduur-orkane)



Verduur orkane.... - Pronkertjie - 22-09-2005



Beeld-deurloop: Verduur orkane deur op ander goed te fokus


Cecille Cilliers

Daar was heelwat reën, afgelope week. Die stertkant van Ophelia, wat die ooskus van die VSA vir drie dae met sterk wind en 'n onstuimige see geteister het, het land-in geswaai. Dit was net die stertkant en sonder wind , maar ek het my verwonder aan die flegmatiese wyse waarmee die Amerikaners die orkaanseisoen verduur.

Ná die verskrikking van Katrina, sou elke druppel reën vir my 'n bedekte bedreiging inhou.

Ons in Suid-Afrika is mos nie eintlik natuurrampe gewoond nie.
Daar was natuurlik Domoina, maar hoeveel jaar gelede is dit al - 15? Die verwoesting bly in my geheue, want ons was kort ná die ergste van dié storm in Natal.

Durbaniete het vertel dat ont wortelde bome van meer as vyf meter hoog regop in die Tugela afgespoel het see toe en hulle senuweeagtig opgekyk na die donker wolke bokant hulle stad.

Ons was in Natal omdat 'n besoekende Amerikaanse professor vir die Geologiese Vereniging van Suid-Afrika etlike lesings daar moes lewer, en ek en John het hom en sy vrou namens die vereniging vergesel. Hy was van die Smithsonian-instituut in Washington, 'n interessante man.
Die professor se vrou was egter 'n vrou met 'n eie missie.

Van Britse afkoms, had sy 'n besondere belangstelling in die Anglo-Boereoorlog, want haar oom het aan die oorlog deelgeneem en op Suid-Afrikaanse bodem gesterf. 'n Heldedood in Natal, het haar vader haar altyd verseker, en nou, op sestigjarige leeftyd en haar ouers lankal dood, kom sy in Suid-Afrika na die rusplek van haar familielid soek.

Ons hou op elke dorp stil, besoek die Anglikaanse kerkies, soek na moontlike gedenkstene.

Dis 'n uitsonderlike naam waarna ons soek: hoeveel Spancakes kon daar nou in die Britse leër wees? Ons soektog lewer niks op nie.

In Pietermaritzburg moet die ander drie die universiteit besoek, en ek word Durban toe gestuur om in die oorlogsargiewe na Spancake te gaan soek. Met 'n kaart gewapen ry ek in reën in 'n vreemde stad, en kom in die argief die Durbaniete teë wat vertel van die bome wat in die rivier afdryf en soms so angsbevange na die donker wolke bokant die stad loer.

Maar wat my ook blootstel aan 'n wonderlike stuk dokumentering. Die vroue van die Anglikaanse Kerk (die ekwivalent van die Afrikaanse kerke se Vrouediens) het naamlik ál die besonderhede van die gesneuwelde Britte opgeteken, naam, rang, geboorte- en rusplek.

'n Reusetaak wat sover moontlik volledig en met toewyding uitgevoer is.
'n Oggend lank het ek gewaad deur Smiths en Souths en Spines, maar daar was geen Spancake nie.

Die vrou van die professor het nie moed opgegee nie. Hulle is via Engeland terug VSA toe, en in die oorlogsmuseum aldaar, wat (soms) meer inligting bevat as wat mens wil hê, het sy haar oom se besonderhede gekry.

Hy was deel van Steinackers Horse, skryf sy aan ons. Dit was 'n klein berede mag wat ewe berug as bekend was en Spancake is in Barberton deur 'n perd doodgeskop.

Hoe kry ek nou dié kloutjie by die oor? Ek glo dis hoe mens kop bo water hou wanneer storms in die orkaanseisoen dreig.

Jy fokus op ander (belangriker) dinge.