South Africa Info Forums
Suid-Afrika na Drie Jaar - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Suid-Afrika na Drie Jaar (/Thread-Suid-Afrika-na-Drie-Jaar)



Suid-Afrika na Drie Jaar - hantam - 08-10-2005

Na 3 jaar in België kuier ons weer in Suid-Afrika....

Glimlaggesigte en opgewonde stemmegeruis op Johannesburge Internasionale Lughawe groet ons
Kirsty herken nog vir Oupa en Ouma na 3 jaar se wegwees
Ma se huis is nog net dieselfde....
Boerewors, skaaptjoppie en 'n stywe skep growwe mieliepap op die bord nooi jou uit tot ooreet
Tuisgemaakte lemoenkonfyt met stukkies bittersoet skil
'n Spesiale pakkie handgemaakte snuisterye en lekkertes uit die Kaap arriveer per pos om te sê, "Welkom Terug"
Die taxi's stop nog steeds net waar hulle wil
Familiekinders en vriendekinders het verander in langbeen tieners met eiesoortige klere, musieke en smake - maar diep binne-in is hulle steeds net die bekendes soos toe ons gegroet het
Ons geleende wit Gholfie draai sy neus Kaapwaarts deur die alleenvlaktes van die groot Karoo met sneeuverf op die pieke van die Lootsberge
Ons proe die see in die dag se vars vangs met "slap chips" in Jeffreysbaai
'n Bruin papiersak lekker droëwors vir die pad
Die gekwetter en vlerkgeklap van voëls by 'n drinkplek in die loom, stil veld laat my gedagtes loop na 'n kreatiewe God wat natuur gee as rusplek vir gees en siel
Die roep van die nonnetjiesuil in die volmaan, die jakkalshuil in die verte en die rook van die 'n hardekoolvuurtjie bring die ongereptheid van die Bosveld naby
Lente op die Springbokvlakte is stilweg daar in die geel-wit donspruik en swaar soet reuk van die grys doringbome
Kirsty se gegiggel en lekkerkry-spoegies maak silwer spore oor 'n warmlyf plaashondjie wat haar intense vreugde besorg

Ons Suid-Afrika is warm gebêre - manna van genade vir tye van hongerte en dors.


Suid-Afrika na Drie Jaar - Pronkertjie - 08-10-2005

Hallo Hantam....

Bly om jou weer hier te sien....

Ag, jy laat my sommer verlang, maar hopelik is ek vroeg volgende jaar daar!

Het vir jou 'n pm gestuur.

:hartlik:



Suid-Afrika na Drie Jaar - oe-la-la - 08-10-2005

Ja, ek stem saam- in my hart sal ek altyd 'n Suid-Afrikaner bly :engel:


Suid-Afrika na Drie Jaar - Joan - 08-10-2005

Pronkertjie Wrote:Hallo Hantam....

Bly om jou weer hier te sien....

Ag, jy laat my sommer verlang, maar hopelik is ek vroeg volgende jaar daar!

Het vir jou 'n pm gestuur.

:hartlik:
Gaan jy weer vir jou twee jaarlikse drie maande lange besoek Pronkertjie?
Ek sal moet onthou van jou verjaarsdag, sal weer al die nommer moet kry!!


Wanneer vertrek jy na SA en wanneer keer jy terug?
Joan