South Africa Info Forums
Absa wenke - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Absa wenke (/Thread-Absa-wenke)



Absa wenke - Pronkertjie - 13-07-2006

Moenie u Internetbankdienste by publieke fasiliteite doen nie.

Indien u publieke fasiliteite moet gebruik, volg die volgende wenke:
Maak seker dat u die Lukrake Verifikasienommer (LVN)-diens geaktiveer het. Absa is besig om dié diens verpligtend te maak.
Registreer vir NotifyMe sodat u kennisgewings kan ontvang van enige aktiwiteite wat op u rekeninge plaasvind.

Maak seker dat u nie dopgehou word nie.

Wanneer u klaar is met u banksake, maak seker dat u behoorlik van die Internetbankdienste-werf afteken. Skrap dan die verskeie lêers uit die blaaier wat u gebruik (bv. Internet Explorer, Safari, Mozilla). In die “Tools”-kieslys gaan na “Options” en skrap die tydelike lêers, geskiedenis, koekies en kasjet om seker te maak daar is geen spoor van wat u op die Internet gedoen het nie.
Maak die blaaier toe wanneer u klaar is.
Moet NOOIT wizard-wagwoordporvrae antwoord nie.


Die wenke kan nie u veiligheid 100% waarborg as u publieke geriewe gebruik om toegang tot u Internetbankdienste te verkry nie. Indien u publieke geriewe moet gebruik, oorweeg dit om te registreer vir Selfoonbankdienste van Absa.

Selfoonbankdienste kan die meeste van die transaksies doen wat aan Internetbankdienste-kliënte beskikbaar is, maar dit is ’n veiliger alternatief vir kliënte wat slegs toegang tot publieke internet het.