South Africa Info Forums
As jy wil weet wat in SA aangaan, lees Afrikaans - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: As jy wil weet wat in SA aangaan, lees Afrikaans (/Thread-As-jy-wil-weet-wat-in-SA-aangaan-lees-Afrikaans)



As jy wil weet wat in SA aangaan, lees Afrikaans - Pronkertjie - 18-07-2006

‘As jy wil weet wat in SA aangaan, lees Afrikaans’

Afrikaanse en swart mense het Â’n gedeelde geskiedenis van verdrukking deur Engelse mense gemeen en behoort dus Â’n sterk eenheid in Suid-Afrika te kan vorm.

Dít was oudpres. Nelson Mandela se spesiale boodskap aan Afrikaanse Suid-Afrikaners op die vooraand van sy 88ste verjaardag, wat hy vandag stil saam met familie sal deurbring.

“As jy wil weet wat regtig in Suid-Afrika aangaan, moet jy Afrikaans lees. Dit is wat ek in die tronk aan my mede-gevangenes gesê het en dit bly steeds waar. Ek het dit vanoggend vir ’n deurwinterde Engelse skrywer gesê,” het Madiba vertel.

En hy lyk gelukkig.

Met Beeld se besoek het ’n vredige glimlag gereeld oor sy gesig gespoel – op ’n manier rustiger as die wye grinnik waaraan ’n mens gewoond is.


Lees verder


Confusedue: Confusedue: Confusedue: Confusedue: Confusedue: