South Africa Info Forums
'n Hele nuwe wereld... - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: 'n Hele nuwe wereld... (/Thread-n-Hele-nuwe-wereld)



'n Hele nuwe wereld... - Surita - 29-07-2006

Vandat ek so nege weke gehoor het ek is swanger het 'n hele nuwe wereld vir my oopgegaan? Was hierdie hele subkultuur regtig net hier onder my neus gewees die hele tyd?

Ek is verstom en elke keer as ek weer naby 'n vrou kom met kinders of weer in 'n winkel kom wat enige iets verkoop wat net enige iets te doen het met babas of selfs swangerskap hang my mond van voor af oop!

Wat het geword van die prentjie wat almal altyd vir jou skilder oor swangerskap wat net die wonderlikste tyd in jou lewe is? Ek is seker daar is erens 'n conspiracy aan die gang. Ek het nooit geweet dat oggendnaarheid die hele dag aanhou nie of dat swangerskap ook 'n toe neus en suisende ore veroorsaak nie!! En baie onvroulike dinge wat ek nie eintlik op 'n familiewebsite wil bespreek nie!

Dan wil ek nie eers begin praat oor die klere nie! Wie op aarde het besluit dat 'n toekomstige ma so frumpy en onelegant moet lyk. Die langbroeke kan in 'n horror movie gebruik word! Gewone broek en dan in plaas van 'n normale band het hulle 'n stuk rib trim vasgeheg aan die bokant - siesa ga!!!

Dan is daar natuurlik die voordeel dat ek ewe skielik soos Pamela Anderson lyk!! Big Grin en die ongelooflike belewenis dat ek actually besig is om 'n mens in my maag te bou!!! En dat dit ewe skielik OK is om 'n boep te he, mense bewonder dit actually.

:babyroll:

Hou maar hierdie spasie dop vir die opvolg.


'n Hele nuwe wereld... - Venus - 29-07-2006

Baie geluk, Surita! :cheer: Confusedtork:


'n Hele nuwe wereld... - Pronkertjie - 29-07-2006

:babyroll: :babyroll:

Hoe oulik! Weereens baie geluk! Jong, die mode hier is gewone broek wat so onder die magie vas gemaak word en dan gewone T-hempie wat styf span en jy dra dit van drie maande tot nege maande end uit. Soos die baba groei word die hempie net korter en jy sien meer en meer maag en dan die naeltjie van die Mamma. Smile Geen nuwe spesiale kraam klere nie. Smile

Mamma Surita.... klink so oulik Wink :babyroll: :babyroll: