South Africa Info Forums
Al hoemeer leerlinge verkies Afrikaans as tweede taal - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Al hoemeer leerlinge verkies Afrikaans as tweede taal (/Thread-Al-hoemeer-leerlinge-verkies-Afrikaans-as-tweede-taal)



Al hoemeer leerlinge verkies Afrikaans as tweede taal - Pronkertjie - 23-10-2006


Janice Johannes

“Afrikaans staan wel swakker as wat hy tien jaar gelede was, maar indien ’n mens na sy verbruikers kyk, sal dit nog lank neem voordat hy afgeskaf sal word.”

Só het prof. Hermann Giliomee, hoogleraar aan die Universiteit van Stellenbosch gister gesê in antwoord op ’n artikel in Sunday Times .

Luidens die artikel verkies al hoe meer leerlinge Afrikaans as tweede taal op skool, bo enige ander Afrika-tale omdat dit glo baie makliker is om te leer.

Van die 558 393 matrikulante wat vanjaar hul finale eksamens gaan aflê, sal slegs 9 788 eksamens skryf in Afrika-tale as ’n tweede taal.

Die meerderheid, 266 408 leerlinge, het Afrikaans as hul tweede taal verkies. Altesame 7 428 leerlinge wat Â’n swart taal as hul tweede taal gekies het, het Zoeloe gekies.

Volgens Giliomee het Afrikaans Â’n goeie gebruik want 30% (wit, swart en bruin mense) van die land se verbruikers praat Afrikaans.

Verder het hy gesê dat Afrikaans ook werkgeleenthede vir talle mense inhou.

“Tien jaar gelede wou mense nie hê dat swart leerlinge Afrikaans moet leer nie en dis verstaanbaar, maar nou doen hulle hul eie keuses. En ek sou eerder verkies dat kinders op skool vier tale moet leer, soos wat tans die geval in Holland is,” het hy gesê.

“Ekonomies gesproke is dit waar dat Engels en Afrikaans leerlinge meer gaan baat as enige ander Afrika-taal. Talle werkgewers is steeds Afrikaanssprekend en dis dalk een van die redes waarom kinders van townships Afrikaans verkies,” het mnr. Stewart Mothata, hoofdirekteur aan Unisa, gesê.

Hy het ook gesê meeste swart leerlinge in townships sal Afrikaans verkies omdat hulle direk en indirek aan die taal blootgestel word.

“Die Tsotsitaal-woordeboek is ’n baie goeie voorbeeld hiervan, want die taal bestaan meestal uit Afrikaans.

“Indien ek terug moet gaan skool toe, sal ek eerder Afrikaans as tweede taal wil doen,” het hy gesê.

Bron: Die beeld