South Africa Info Forums
Kerskoek! - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Your Food and Entertainment (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Food-and-Entertainment)
+--- Thread: Kerskoek! (/Thread-Kerskoek)



Kerskoek! - oe-la-la - 08-11-2006

Bestanddele:
1 koppie water
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 koppie bruinsuiker
Suurlemoensap
4 groot eiers
Neute
1 bottel vodka
2 koppies droëvrugte

Metode:
Proe die vodka om gehalte te toets. Neem 'n groot mengbak en proe weer die
vodka. Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol en drink dit.
Herhaal. Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in 'n donsige bak.
Voeg 'n teelepel suiker by. Klits weer. Maak seker die vodka is sjteeds
goed.
Drink nog 'n koppie ... vir die wis en die onwis. Skakel die menger af.
Breek
twee uiers, gooi dit en die droëvrugte by. Tel die vrugte van die vloer af
op. Meng die skakelaar aan. As die droëvrugte in die menger vassjit,
sjkroewedraaier dit losj. Proe die vodka vir gifterigheid. Sif nou twee
koppies sout. Of so iets. Wie gee om?? Proe die vodka. Sif die
suurlemoensap, dreineer die neute en gooi 'n tafel by. Dan 'n lepel sjuiker,
of sjo ietsj.
Wat jy ook al kan kry. Sjmeer die oond. Draai die koekpan 360° en moenie val
nie. Menger die afskakel. Gooie die bak deurrie venster enne drunkie laasjte
vodka op. Gekersde Seënfees!!! :jive: