Afrikaanse gesegdes - Printable Version +- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums) +-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources) +--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans) +--- Thread: Afrikaanse gesegdes (/Thread-Afrikaanse-gesegdes) |
Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 30-07-2004 Het nou net met iemand gepraat wat so 'n stukkie huis toe verlang...... "Ai, Afrikaans is so 'n mooi taal" sê hy, soos bv. 'Sy maak vir hom ogies' Ons begin toe allerhande gesegdes opnoem... Kat in die sak koop Aap uit die mou laat Kuier dat die biesies bewe Hond uit 'n bos uit.... :daisy: Afrikaanse gesegdes - Dolla - 30-07-2004 Quote:Originally posted by Pronkertjie Ek is absoluut gaande oor SA gesegdes, ek probeer nou woes aan iets dink, maar al wat ek aan kan dink is... so uit soos koekies in die weeshuis (haai sies, ek weet!) :o Afrikaanse gesegdes - Surita - 30-07-2004 Agteros kom ook in die kraal 'n Stil bek is 'n heel bek en nou kan ek aan niks anders dink nie. Snaaks as mens dit basies elke dag gebruik. Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 30-07-2004 So dood soos 'm mossie (wonder waar dit vandaan kom) Uit soos 'n kers So vuil soos 'n vark Jy lieg soos 'n ketter Afrikaanse gesegdes - Dolla - 30-07-2004 So doof soos 'n kwartel Wys waar David die wortels begrawe het Vloek soos 'n matroos Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 30-07-2004 'n Nuwe een wat ek vandag vir die eerstekeer gehoor het... "Ek sien die perd voor die stal nog voordat die stal gebou is." Afrikaanse gesegdes - edmonsta - 30-07-2004 So dronk soos n tor (torr? tor?) Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 30-07-2004 Quote:Originally posted by edmonsta tor... lol Afrikaanse gesegdes - sooibrand - 30-07-2004 so toe soos 'n kleios se g*t (lekker dom) so skaars soos hoendertande so skaars soos wors in 'n hondhok vloek soos 'n matroos hardloop soos die wind slaap soos 'n klip balke saag (snork) skel dat die spoeg so spat die koeel is deur die kerk mosterd na die maal tot hane kraai Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 30-07-2004 Quote:Originally posted by sooibrand Tien uit tien Sooibrand! Hoe geniet ek dit nou! :daisy: |