South Africa Info Forums
Afrikaanse gesegdes - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Afrikaanse gesegdes (/Thread-Afrikaanse-gesegdes)

Pages: 1 2 3 4


Afrikaanse gesegdes - Jangar - 30-07-2004

Ek sien dat baaie van hierdie is dieselfde soos die Engelse maar net met Afrikaans woorde.

Die een waarvan ek hou is...

Jakkals trou met wolf se vrou :haha:


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 31-07-2004

Soos die kraai vlieg.....


Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004

Al dra 'n aap 'n goue ring, bly hy nog 'n lelike ding
Perd van 'n ander kleur
Haastige hond verbrand sy mond
Arm soos 'n kerkmuis
Riem onder die hart
Stille waters diepe grond
Aartjie na sy vaartjie
moenie slapende honde wakker maak nie

Dit was nou lekker, ek sit hier met 'n pen en papier en maak 'n lys van wat ek als kan onthou


wolf in skaapklere


Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004

so mal soos 'n haas
sy huil krokodiltrane
soos water van 'n eend se rug af
sy sout werd



Die wat my pa gereeld gebruik het:

''Jy moet jou sokkies optrek...'' ''Te groot vir jou skoene''
''alles op 'n silwer skinbord gee'' ''moenie jou vuil wasgoed in die publiek ophang nie''

Wat my ma gese het van my pa se geklets ''neem alles met 'n knippie sout''


Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004

Gaan blaas doppies....:haha:


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 31-07-2004

Ag Birdie, ek geniet dit nou regtig..... dankie hoor!

Flink uit die vere! Smile


Afrikaanse gesegdes - sooibrand - 31-07-2004

nie al sy varkies op hok
uit volle bors sing
snot en trane huil
huil dat die trane spat
reen ou meide en knopkieries
te kere gaan soos 'n ouvrou met 'n nat broek
kyf soos 'n viswyf
jaag soos die duiwel
het jy miere?
oos wes tuis bes


Afrikaanse gesegdes - birdie - 31-07-2004

Kannie is dood van kruiwa stoot...


Afrikaanse gesegdes - Pronkertjie - 31-07-2004

Hier onthou ek toe nog so een of twee....

Hy is meer nie vandag se kind nie
Hy is nie 'n pampoen nie
Hy is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie

:daisy:


Afrikaanse gesegdes - sooibrand - 01-08-2004

die gaan voor die wind
die wind van agter
you seile na die wind span
agteros kom ook in die kraal
vir elke opdraand is daar 'n afdraand