![]() |
Hemelbed - Printable Version +- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums) +-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources) +--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans) +--- Thread: Hemelbed (/Thread-Hemelbed) |
Hemelbed - Pronkertjie - 18-08-2004 Ietsie oulik wat ek gelees het... In die ysigheid van koud maak die Heer vir my 'n bed met die linne van die liefde wat net warm mense het - Saphira :daisy: Hemelbed - Joan - 18-08-2004 Quote:Originally posted by Pronkertjie Pronkertjie, daardie liefde is so noodsaaklik. Ek het gister weer beleef hoedat ou mense so werklik eensaam kan wees en sonder enige menseliefde voortleef. Een van die ou mans vir wie se vrou ek medikasie in spesiale houers verpak, was gister so dankbaar toe ek uitvra na haar gesondheid, hy het seker 'n halfuur gesels oor hoe sy aan die verbeter is, hoe aangenaam die afgelope naweek was, ens. Hy het met 'n breë glimlag uit die apteek gestap, moes seker vir hom lekker gewees het om sy goeie nuus te deel. :lovef: Hemelbed - Pronkertjie - 18-08-2004 Meeste van die tyd het ons warmte om te gee, maar soms gaan ons deur 'n seisoen waar ons ander se warmte nodig het. :daisy: Hemelbed - oe-la-la - 18-08-2004 En ek glo hoe meer jy gee hoe meer ontvang jy ![]() Hemelbed - Pronkertjie - 18-08-2004 Quote:Originally posted by oe-la-la Ek glo nogal sterk daaraan jong ![]() Ek het geleer dat as ek in 'n liewe "self pity party" is, kan ek nie eers my arm op lig om vir iemand 'n koppie tee te maak nie. Daar is altyd iets wat ons kan gee.... al gaan ons deur 'n tyd van pyn en lyding. Maar aan die anderkant waardeer ek ander se warmte so, selfs al verdien ek dit nie. :hartlik: Hemelbed - oe-la-la - 18-08-2004 Quote:Originally posted by Pronkertjie Dis waar Pronkertjie ![]() ![]() |