17-03-2007, 01:04 PM
Die snaakse dingetjie langs die pad was toe ‘n mol wat koers verloor het en verblind was deur die lig buite sy donker tonnels. Manlief het hom toe tussen die bossies langs die pad gesit en gehoop hy kry sy pad weer terug huistoe.
“Is jy seker jy gaan regkom?†vra manlief half bekommerd die oggend.
“Ja man, ek het mooi gekyk†sê ek toe ek by die deur uitstap. Dolla het haar eerste afspraak by die skooldokter en ek wil graag by wees.
Onder by die metroperron begin ek soos ‘n mol voel wat verdwaal het. Ek weet nie eers van watter kant af kom die metro nie, praat nie eers van watter rigting hy gaan nie! Die mense om my lyk so koersvas al het hulle oorfoontjies in die ore, al raak die gesigte weg agter die blaaie van die gratis metrokoerantjie met sy stukkies en brokkies belangrike nuusgebeure van die dag of al staar hulle uitdrukkingloos voor hulle uit. Hulle wéét waar hulle is en waarheen hulle oppad is!
Openbare vervoer is so gemaklik hier in Europa dink ek toe die metro met ‘n gerammel ingery kom en die deure oopskuif. ‘n Vinnige verwisseling van mense vind plaas en ek kry darem ‘n sitplek want ek weet ek gaan vir ‘n ruk sit voordat ek moet uitklim. In my gedagtes sien ek waar ek moet afklim langs die bos en die kanaal om ‘n hele ent nog te stap voor ek by die skool uitkom.
‘n Harmonika begin iewers agter in die wa ‘n vrolike wysie maak – wat ‘n kontras met die stroewe gesigte rondom my – almal lyk klaar moeg vir die dag en die kantoor se deur is nog nie eers oopgestoot nie. Die Romamusiekant met half onnette klere en ‘n mond vol goue tande hou vriendelik ‘n plastiek glasie voor my en mompel iets binnemonds van s’il vous plaît en mercie beaucoup as ek soos die ander, ‘n paar sente daarin laat val.
So skommel-raas ons deur die donker tonnels. ‘n Paar brawe uitdrukkingloses hang aan die pale en skuif-val onbeheersd vorentoe om dan weer terug te steier soos die metro skielik tot ‘n halt kom. Die vrou met die hoofbedekking val byna op my skoot toe sy uit haar sitplek probeer opkom. Ek glimlag terwyl ek hand gee om haar weer regop te stoot en sy mompel verleë in my gesig, iets van désolé, pardon. Wonder wáár het die metroman sy lisensie gekoop? Deur die venster sien ek hoe die jaspunte wapper soos een die roltrappe afstorm om nog te kan inklim voor die deure met krag toeskuif. Hy maak dit toe nie want die deur is dig toe en die klokkie lui. Hy staan toe maar en trek sy waardigheid reg om te wag vir die volgende metro wat oor ‘n paar minute moet kom.
Iewers begin ‘n onsekerheid aan my knaag soos die een stasie na die ander onherkenbaar verby rammel – ek herken dan nie die plekke nie …! Ek besluit om af te klim en ‘n tram te neem – liewers bo-grond as onder-grond, maar steeds lyk niks bekend nie.
Na ‘n uur besluit ek om af te klim en by die kaartjieskantoor te probeer hulp vra in my gebroke Frans. Daar beduie hulle skouerophalend iets van ‘n bus toe ek vir hulle die adres van die skool wys. Dan sien ek die manne in blou wat stywe been, afgemente die perron afstap – polisie. Dié beduie onvriendelik hulle onvermoë vir Engels en nog hewiger, vir Nederlands, en skud die kop oor die adres op die papiertjie. Ek bars in trane uit! Die blou outoriteite kyk my aan asof ek iets verloor het – ek hét - my pad; my rigting! Hulle stap aan asof ek nie is nie…..
Dan herken ek die lang vuil gang wat ruik na urine gemeng met soet wierook, helderkleurige doeke teen die mure en die vrolike panfluitspeler en dansers met die wye rokke. Sentraal stasie! Verlig klim ek in die metro en wéét ek is oppad huistoe.
Hy verstaan nie mooi toe ek in trane uitbars nie – die tweede keer vir die oggend - die stad plat gery in trams en metros en Dolla se afspraak gemis met die dokter.
“My vrou, jy het die metro in die téénoorgestelde rigting geneem!â€Â
My hart gaan uit na die ou blinde mol langs die pad en hoop iemand het hom gehelp om sy tonnel in die regte rigting te kry.