Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Stephan Joubert se boodskap
#1
My mond hang oop



Vroeër vanjaar het ek en vroulief saam met ‘n wonderlike groep mense in Turkye getoer. Daar het ons een middag ‘n sonsverduistering beleef. Vir ‘n paar minute lank het die maan voor die son inbeweeg en die wêreld rondom ons in pikdonkerte gehul. Almal wat dit beleef het was heeltemal oorweldig. Ek ook. Van voor af het ek besef hoe groot is God. Ek was in verwondering voor sy almag. Die Here het die mag om die maan geruisloos voor die son in te stoot. Hy kan die son uitblaas wanneer dit Hom pas. Maar die deernis waarmee Hy sy skepping oppas sodat die hemelligte dag vir dag in hul wentelbane bly is te groot vir my verstand.



Psalm 8 roep uit “Wat is die mens dat U aan hom dink?” In die groter skema van dinge is ons eintlik ‘n handvol niks, ‘n titseltjie stof in die lewe se groot weegskaal. Tog ontferm God Hom oor piepklein mensies soos ons. Hy skep ons diep op uit die stof op en laat ons daagliks voor Hom leef. Hy het ons boonop lief. God hou ons wat Jesus se skapies is liefdevol in sy hand vas (Johannes 10:28-30). Loof sy Naam!

Vrede



Stephan


Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)