Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Eksamenflaters
#1
Waarvoor word beesvelle gebruik?
A: om die bees binne te bou.

Wat is outobiografie?
A: dis die onstaan en geskiedenis van die motorkar.

Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?
A: tot onder die voete.

Wat is die doel van die kies- en oogtande?
A: die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
goed doen.

Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas............
A: hoe groter haaspastei.

Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
A: kleinteef.

Wat is die meervoud van kabeljou?
A: kabeljulle.


Vergelykings wat hoërskoolleerlinge in hul opstelle gebruik het:

* Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en
gebreek soos onderbroeke in 'n tuimeldroër.

* Die bootjie het saggies oor die dam gedryf presies soos 'n rolbal nie sou nie.

* Hy was so lank soos 'n twee meter lange boom.

* Hy het diep uit sy keel gelag - soos daardie geluid wat 'n hond maak net voor hy opgooi.

* Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

* Sy het nader aan hom gegroei - asof sy bakterieë was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.

* die son het uit die see opgerys soos 'n gloeilamp uit 'n bad water.

* hy is so maer soos 'n vark op 'n grondhervormingsplaas
Reply


Messages In This Thread
Eksamenflaters - by Pronkertjie - 25-10-2004, 06:45 AM
Eksamenflaters - by oe-la-la - 25-10-2004, 10:49 AM
Eksamenflaters - by pommie bok - 31-10-2004, 11:56 PM
Eksamenflaters - by zena - 07-11-2004, 01:15 PM
Eksamenflaters - by Jangar - 09-11-2004, 07:45 PM
Eksamenflaters - by zena - 09-11-2004, 09:59 PM

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)