14-02-2009, 05:32 PM
14 Februarie word weer rooi geverf met balonne, hartjies, rooi rose, liefie-kaartjies en chocolates.
(Natuurlik weer tyd vir geld maak ook.) Miskien moet ons hierdie jaar die lekker ou koopgogga uitgooi, die hart soek en hom rooi verf. Vergeet van die man of vrou met wie ons getrou het en nou nie meer bestaan nie, maar kies om die man of vrou wat nóú in ons huis is, lief te hê.
Makliker gesê as gedaan? Soms wel, maar nie altyd onmoontlik nie. Dis plein harde werk soos huis bou, kinders beskaafd opvoed, lang ure aan ‘n loopbaan werk, getrou studeer vir ‘n kwalifikasie. Vandag moet alles maklik en vinnig gebeur of ons gooi dit uit – daar’s nie so ding om dit in te gee vir herstel, soos met ‘n stukkende televisie nie. Gooi weg en koop ‘n nuwe een – dis goedkoper, sê hulle.
Wanneer ek aan Pa en Ma se huwelik dink, lyk dit soos ‘n ou gestampte Fordjie van die vyftigerjare. Dis uit die mode maar mens bewonder en begeer tog die ou veteraan. Is deur ‘n oorlog van dik en dun, maar tog getrou gebly aan hulle belofte van 53 jaar gelede. Soms het die wiele afgeval en die enjin het ‘n paar keer goed opgepak, maar met ‘n getimmer kon dit weer ry. Daar was nie sommer weggooi en nuwe een gekoop nie.
Ek onthou nog die dae van my eie verliefde selfsug – sommer net gebeur sonder dat ek dit gewou het. Tyd saam, spesiale dingetjies doen vir mekaar het maklik gekom, amper sonder om te dink en niks was té veel of té ver of té groot opoffering nie. ’n A llesoorheersende obsessie oor hierdie man het my dae en gedagtes gevul dat werk baie meer konsentrasie vereir het. ‘n Volroom gevoel van die perfekte bestemming wat bereik is en ewige geluk – die man van my drome, nooit nie meer alleen nie en hy sal alles vervolmaak.
Sommer gou na die feestelike dag van blomme, pêrels en kant het ek wakker geword op aarde. Hy ruik na sweet, sy asem ruik na ‘n nag se slaap en ek is nóóit meer alleen nie. Hy vind snuisterywinkeltjies dodelik, sug wanneer ek ‘n stadige kostuumdrama verkies bokant aksie, lipstiffie smaak sleg en hy hou niks van gepermde hare nie. In kort, ek sien pienk en hy sien blou. Dis totáál ondenkbaar want ons het dan oor álles saamgestem en dieselfde gedink oor alles! Nouja, so met die tyd en die koms van die nasate, moes ons aktief werk aan die gevoel van “ou getroudesâ€Â.
Ons koms na België het die krakies in die pot skielik laat bars soos ‘n glasbak in die mikrogolf – hard en duidelik sigbaar. Soveel so dat ons nie meer geniet het om saam te werk nie en die spanning van leef en onsself vind binne ‘n nuwe kultuur, ‘n tiener sy voete laat vind in ‘n nuwe skool en vriende maak, werk en nuwe kollegas en geen vriende het die laaste romanse van getroudwees begin afskuur. Ons moes kennis maak met hierdie vreemdelinge wat van êrens af in ons huis ingesluip het. Ons moes van vooraf kies om lief te hê, te bou aan die ander se menswees en groei en gedissiplineerd hard werk om te sien dat hy eintlik die moeite werd is om lief te hê.
Dan raak dinge soos onnodige lawaai; te hard praat en nies; soggens nuus luister op my nugter maag; al die papiertjies, pen, sleutel, horlosie wat lêplek kry op enigiets wat plat is; die huis wat perfek skoongemaak moet word (soos die operasieteaters van die army waar hy diens gedoen het daardie jare) aangesien mens tyd neem om dit te doen; verdwyn om gou iets anders te gaan doen wanneer almal aansit vir ete; koekies of beskuit wat nie langer as ‘n week in die huis hou nie, onnodig klein.
Ek waardeer weer sy opgewondenheid oor die lewe, om alles te wil beleef en ervaar tot die uiterste toe – selfs om winter en somer ‘n yskoue bad te neem; die deur vir my oop te maak; te sê hy is lief vir my; te sê dat ek mooi lyk; vas te hou wanneer ek hartseer is; te help wanneer my beplanning op ‘n knoop trek en ek dit nie meer kan ontknoop nie; ‘n spesiale geskenkie uit Indië; verveeld oor ‘n klerehak in ’n winkel te hang en geduldig te wag dat ek iets aanpas en dan niks sê as ek leë hande uitstap; my kos te komplimenteer al is dit smaakloos of doodgaar. Ek waardeer dit dat hy sy verantwoordelikheid opneem en sorg vir die geestelike en finansiële welvaart van die gesin, die kinders rond ry, help, aan moedig en drukkies gee.
Ek het met my beste vriend getrou en sal getrou bly
in die vetjare en die maerjare
tot die dood ons skei.
In 1996 het die Engelsman, Richard Kane die idee gekry om Valentynsdag te verleng na ‘n week om die instelling van die huwelik te vier. Intussen het dit versprei na ‘n paar ander Europese lande. Hierdie week was dus die Nasionale Week van die Huwelik. ‘n Week om die huwelik te vier as die basis vir familielewe en die fondasie vir die moderne samelewing met fokus op konflikhantering, kommunikasie en die verbetering van die liefdeslewe.
(Paar dae gelede geskryf.)