Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Rond en bont
#1
Ek is nou al donkie jare uit Confusedunny: Suid Afrika uit, en soms wonder ek of die Afrikaans wat ek praat, nog in Suid Afrika gepraat word. Ek besluit om so ‘n bietjie op die internet te loer wat die spelreëls se, en kon my oë oe nie glo toe ek lees "kappies is straightforward" nie.

Ek begin toe wonder of straightforward dan nou Afrikaans is,of is ek nou heeltemal deurmekaar , want skielik lyk en voel my Afrikaans nie meer so straightforward vir my nie. Ek weet dat ek nie meer behoorlik kan spel nie – wat aanmekaar moet wees, maak ek los, wat los is heg ek aanmekaar, wat gekoppel teken moet word, maak ek sommer twee woorde. In my soeke na ‘n paar antwoorde kom ek toe op ‘n paar interessante woorde af.

‘n Woord wat ook eg Engels klink, maar tog eg Afrikaans is, is die woord EARS. Toe ek dit die eerste keer lees, klink dit toe net soos die straightforward woord wat my pla. EARS het egter niks met ore te doen nie – dit is die akroniem vir "ernstige akute respiratoriese sindroom" wat die Afrikaans is vir die gevreesde woord SARS ("serious acute respiratory syndrome") wat ons almal so skrik op die lyf gejaag het.

In my bietjie rekenaars kennis wat ek het, het ek geleer hoe om ‘n "browser" te gebruik. Nooit eers daaraan gedink dat dit dalk ‘n Afrikaanse naam kan he nie – hier is dit dan : ((n)) leser, blaaier, rondblaaier. Dit klink so ongemaklik om van ‘n leser of ‘n rondblaaier te praat – wat daarvan as die leser of rondblaaier vir die muis skrik! En wil julle glo, ‘n mens kry tot ‘n kuberskurk of ‘n netskurk. Ek het ook nog nooit gehoor dat ‘skrap’ die Afrikaans vir ‘delete’ is nie. Natuurlik kan uitvee ook gebruik word, wat myns insiens beter klink as skrap.

Van die rekenaar spring ek dan na ‘n ander interessante brokkie – het julle dalk gewonder waar die woord geelsug vandaan kom. Dit is ‘n woord wat al in 1270 bekend is: Die geel verwys natuurlik na die geel kleur van die sieke, en die woord sug is ‘n vervorming van ‘n ouer Germaanse woord wat "siekte" beteken het, dus is geelsug die "geel siekte". Interessanter is dat daar ook in Nederlands ‘n betekenis ontstaan het van "begeerte na geld of goud" (wat geel is), en in die geval is die sug in verband gebring met "soeke na", wat ook in ‘n woord soos eersug steek.

Wanneer ek Suid Afrika toe gaan is almal altyd verbaas dat ek nog Afrikaans sonder ‘n aksent praat. Jou moedertaal praat is soos fietsry – al het jy vir jare nie gery nie, kan jy opklim en dadelik trap.

Laat gerus vir ons weet hoe jy dit vind om nog Afrikaans te praat. Tot volgende keer. :read:
Reply


Messages In This Thread
Rond en bont - by Pronkertjie - 08-06-2005, 02:13 PM
Rond en bont - by Joan - 08-06-2005, 06:00 PM
Rond en bont - by jaydubs71 - 21-07-2005, 11:43 AM
Rond en bont - by Joan - 21-07-2005, 08:21 PM
Rond en bont - by zulu - 05-08-2005, 04:10 PM
Rond en bont - by Pronkertjie - 05-08-2005, 04:17 PM
Rond en bont - by Oceane - 27-10-2005, 11:50 AM

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)