Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Vir Flyingbok
#2
Goeie Môre Hantam,

Ek is ge-eerd dat jy my naam gebruik in so mooi oomblik van 'n woorde spervuur.

Ja die vlieg is 'n snaakse ding.

Hy los jou nooit. Ek het hom al 3 jaar gelos en dan vat ek hom vir 5 jaar. Dis nou weer 2 jaar wat hy gelos word - hy roep weer.

Die week het ons in die bedryf afskeid geneem van die 84 jarige Scott Crossfield. Ja die vraag of antwoord is - ons ken vir Chuck Yeager. Wel Chuck Yeager is 'n poepol. Ek het nog nooit 'n goeie woord van hom gehoor nie.

Scott het die week verongeluk waarin hy geleef het. Ongelooflik soos dit klink op die dag van sy begrafnis kom dit nou na vore dat 'n oogetuie dit onomwonde gesien het dat weerlig hom uit die lug geslaan het.

Die OUBAAS wat sy kinders kom haal ? :engel:

Chuck het een maal die spoed van klank gebreek. Scott was die ou wat dubbel so vinnig gevlieg het en die spoed van klank verdubbel het en gebreek het.

Yeager die aap sê hy was té houtgerus.

Scott is weg. Yeager leef. Hy sal alleen oud word.

En daar vlieg nog een sy droom verby.

Rus in Vrede :rip: Scott Crossfield.

Dankie nogmaals Hantam.

Groetnis van die Land van Sand. (Tripoli, Libya)

:wings: :fb: :wings:
Reply


Messages In This Thread
Vir Flyingbok - by hantam - 22-04-2006, 04:42 PM
Vir Flyingbok - by FlyingBok - 25-04-2006, 10:22 AM
Vir Flyingbok - by hantam - 29-04-2006, 12:38 PM

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)